Ruk jouself reg
Ruk jouself reg

Ruk jouself reg

[email protected]
Augetto Graig
Augetto Graig

Hoe maak mens jouself reg?

Sê nou jy besef jy is verkeerd. Hoe kry jy jouself weer reg?

Dit mag eenvoudig klink, maar dis nie altyd so maklik nie. Soms is die enigste opsie om jouself reg te ruk.

Dit is dan so maklik om net aan te gaan.

Dis so maklik om jou skouers op te trek en te sê: “So gemaak, so gelaat staan.”

Die stelling is egter nie waar nie; nie as jy dit op mense wil toepas nie.

Mense verander. Mense groei. Mense leer en ontwikkel gewoontes, gedagtes, benaderings en hul eie siening van die lewe.

Daar is altyd die invloed van omstandighede, opvoeding, opleiding en ervaring, maar daar is ook altyd die bydrae van jou eie besluite – jou eie reaksies, jou eie keuses.

Jy het jouself so gemaak.

Dit kan ’n moeilike waarheid wees om te aanvaar.

Baie mense weier volstrek om hul verantwoordelikheid vir hul eie lewens te besef. Ongelukkig los dit daardie mense heeltemal aan die genade van die lewe oor, en die lewe is soms genadeloos.

My ouma het altyd gesê: “Die lewe wil gelewe wees.” Deel daarvan is dat hy jou sal uitdaag, wees maar verseker daarvan.

Ek raai jou aan om liewer verantwoordelikheid vir jou eie lewe te neem en die beste daarvan te maak, binne die perke van jou omstandighede. Soos jy meer gewoond raak om verantwoordelikheid te vat, sal jy ook meer selfvertroue kry om doelbewuste veranderings te maak, glo ek.

So bemagtig jy jouself en neem beheer van jou eie lewe.

Moet nie ’n slagoffer van jou lewe wees nie. Lewe hom.

Dis in die proses van om te lewe dat jy jouself reg kan maak.

Om jouself van die lewe te onttrek, help net as jy tyd nodig het om jou sienswyse te verander. Jy het egter nie tyd nodig nie.

Hoe lank neem dit om van plan te verander? In minder as ’n sekonde kan jy anders besluit. Jy hoef jouself nie eens te oortuig nie. Jy kan net besluit jy sien dit nou so, dan is dit nou so. Reg of verkeerd? Hierdie vermoë is volgens my ’n “super-power” solank jy dit reg toepas.

Dit kan natuurlik ook ’n lokval wees. Mens sien dit baie met bedrieërs en skurke wat mense teen hul beterwete oortuig. Jy en ek is albei kwesbaar in dit wat ons wil glo. Baie keer is ons begeerte ons swakpunt, maar as boewe daarvan kan gebruik maak, hoekom nie ook onsself nie?

Dus kom dit als weer op onsself neer.

Maak jouself reg.

Besluit eers. Dan lewe jy dit uit.

Soos die sekondes minute raak, die dae weke en die weke maande, so sal jy dag in en dag uit bietjies vir bietjies herstel. Jy sal so stadigaan verbeter.

Jy sal regkom. Jy het mos so besluit. Nou toe.

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.12 | EUR to NAD 19.29 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.83 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.32 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 649.98/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.46/lb UP +3.21% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 4.33% | Brent Crude Oil US$ 75.00/BBP UP +0.83% | Platinum US$ 981.63/OZ UP +2.46% #REF!