Ruk nu00f3u00fa ons kiesstelsel reg
Ruk nu00f3u00fa ons kiesstelsel reg

Ruk nóú ons kiesstelsel reg

Dani Booysen
Die eenparige uitspraak gister in die hooggeregshof oor 2019 se verkiesingsgeskil is 'n gebalanseerde oordeel wat opnuut nie net die regering en die Verkiesingskommissie (ECN) tot orde roep nie, maar ook Namibië se gefragmenteerde en ondoeltreffende politieke opposisie.

Belangrike tegniese aspekte het voorkom dat die presidensiële verkiesing herhaal moet word.

As die aansoekers sistematiese kiesbedrog kon bewys, kon die uiteinde anders gewees het. Voorts kon die opposisie enige tyd sedert 2014 suksesvol 'n ou ministeriële besluit ongeldig laat verklaar het dat elektroniese verkiesings sonder 'n ouditspoor kan plaasvind.

Die hof het hierdie gedeeltelike toepassing van die betrokke wetsdeel ongrondwetlik verklaar, maar eers vandat die nuut verkose regering bewind neem.

In feitlik alle vorige kiessake het die ECN kwaai deurgeloop. Nou is bevind die waghond het sy onafhanklike, grondwetlike plig versuim. Die ECN se administrasie en kieswetgewing moet summier reggeruk word.

Dit sluit die skuiwergat in dat 'n onafhanklike kandidaat aan 'n politieke party kan behoort. Swapo se interne politiek mag nooit weer by die stembus besleg word nie.

Die regering moet begin verseker dat hy, soos al male sonder tal gebeur het, nie deur swak en selektiewe wetstoepassing sy pligte aan burgers versaak nie.

Maar, dalk die belangrikste: Ons kan nie verwag die regering en sy waghonde moet en sal ons regte beskerm nie. Ons moet hulle wanneer nodig dwing daartoe.

Daarom is kiesers self en die opposisie medeaanspreeklik dat die kiesonreg tot nou voortgeduur het.



So sê ander

5 Februarie 2020



DA verloor groot in Gautengse herskikkingsproses



Die DA in veral Gauteng pluk tans die wrange vrugte van dié party se swak vertoning in die 2019-verkiesing, wat 'n rimpeleffek op plaaslike regeringsvlak in dié provinsie het.

In die nadraai van Mmusi Maimane se bedanking as DA-leier het Herman Mashaba se bedanking as Johannesburg se burgemeester nie net die DA in dié metro verswak nie, maar die ANC én die EFF mag laat ruik. Die DA het reeds beheer in Johannesburg aan die ANC afgestaan. 'n Soortgelyke scenario is op die punt om in die Tshwane-metropool te ontvou ná die bedanking Sondag van die DA-burgemeester, Stevens Mokgalapa.

Die gevolge van die politieke straatgevegte tussen die DA, ANC en EFF in die twee metropole is dat inwoners en belastingbetalers aan die kortste ent trek.

Met die EFF se steun sal die ANC genoeg stemme hê om die DA en sy koalisievennote te pos en die burgemeesterspos in te palm. In Tshwane spook die DA om beheer te behou.

Die DA het ná die 2016- munisipale verkiesings hoog gevlieg, maar is tans die grootste verloorder van die huidige politieke herskikkingsproses. Hy kan net homself hiervoor bedank.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!