Rukoro: Ons kan mal raak
‘n Kille waarskuwing is deur die Ovaherero-opperhoof aan Duitssprekende Namibiërs gerig toe hy gister ‘n nuuskonferensie in Windhoek toegespreek het.
Estelle de Bruyn - ‘n Skaars verbloemde dreigement is gister deur opperhoof Vekuii Rukoro van die Ovaherero aan Duitssprekende Namibiërs gerig.
Hy sê die Ovaherero- en Nama-beweging, wat nou die Duitse regering in ‘n New Yorkse hof die stryd aansê vir vergoeding vir die volksmoord in die Duitse koloniale tyd van 1904 tot 1908, ontvang heelwat steun van gewone burgers in Duitsland.
Hy sê hulle ontvang skenkings in Duitse mark.
“Dit is in teenstelling met wat Duitssprekende Namibiërs hier doen. Hulle was die begunstigdes van wat die Duitse regering en kolonialisme aan ons gedoen het. Ons weet. Hulle kyk na ons en hulle haat ons. Hulle dink ons is mal om ons geboortereg te eis.
"Hulle dink ons moet stilbly en gelukkig wees. (Hulle moes) eerder ons hande vat en die Duitse regering aansê om na Rukoro en (die tradisionale leier van die !Aman-Nama,David) Frederick te luister en vir hulle te gee wat hulle vra, as julle wil hê ons moet in vrede in hierdie land lewe.
“Ons kan mal raak. Ons het nog nie daardie punt bereik nie. Die mense wat hier is, is besig om gek te raak,” het Rukoro met verwysing na die stampvol Kommandosaal tydens ‘n nuuskonferensie gesê.
“Ek kyk in hulle oë. Ek kan dit sien.
“In nedersettings waar ek met die mense praat, sê ek vir hulle: ‘Byt vas. Eendag sal julle op jul plase en in jul paleise wakker word.’ Moenie hierdie woorde as ‘n dreigement beskou nie, maar eerder as ‘n waarskuwing van ‘n vredeliewende leier van ‘n wetsgehoorsame nasie wie se geduld besig is om op te raak,” het Rukoro gesê.
ARROGANSIE
Hy sê die Duitse koloniale owerhede was die eerste mense in die geskiedenis wat “so arrogant was om hul voorneme vir ‘n volksmoord op skrif te stel”.
Dit getuig volgens hom van hul arrogansie.
“Hulle het nie die Ovaherero en die Nama van Namibië geskape nie. Die almagtige God het. Hulle het nie gedink dit sou terugkom om by hulle te spook nie, maar die tyd het aangebreek. Die beendere en skedels van ons voorvaders roep uit, in woonkamers in Duitsland, uit universiteite en museums, selfs in New York. Ons is gereed om dit en ander bewysstukke as bewyse voor die hof te bring.
“Die dag van rekenskap gaan aanbreek. Hul arrogansie en onnosele trots sal slegs verseker dat die voorwaardes van die skikking uiters duur vir komende Duitse geslagte sal wees,” het Rukoro gesê.
Hy het ook smalend na die gelekte Duitse dokument met voorstelle vir ‘n “versoeningspakket” verwys en gesê dit is nie wat die geraakte gemeenskappe vra nie, maar eerder vergoeding en regstelling.
“Hulle het besluit ons het huise, sonkrag, elektrisiteit in landelike gebiede en twee beroepsopleidingsentrums nodig. Wie dink hulle is in beheer? Dit was paternalisties en neerhalend,” het hy gesê.
Hy het die Namibiese regering, wat met die Duitse regering in gesprek is oor ‘n vergoedingspakket vir die geraakte gemeenskappe, ook daarvan beskuldig dat hulle “net mooi niks” oor die volksmoord weet nie.
“Soos enige goeie Duitse ontwikkelingsprojek sal meer as 50% van die miljoene dollar op Duitse tegniese deskundiges, wat moet kom en die projek implementeer, bestee word. Die sonkragtoerusting sal natuurlik in Duitsland gekoop word. Ons is nie blerrie onnosel nie.”
Rukoro het die Namibiese regering se spesiale gesant vir die volksmoordonderhandelinge, dr. Zed Ngavirue, daarvan beskuldig dat hy op pad Suide toe is op “nog ‘n propagandareis terwyl die mense van die Suide oor hul afgestorwe leier (Frederick, wat onlangs oorlede is) rou. Wat ‘n skande. Hy sit die pot mis. Die regering en dr. Ngavirue en jou meesters, wat Duitsland se vuil werk doen, moet julle skaam. Ons is nie beïndruk nie,” het Rukoro gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie