Rukoro su00ea New York-saak het 'uitklop-bewyse'
Rukoro su00ea New York-saak het 'uitklop-bewyse'

Rukoro sê New York-saak het 'uitklop-bewyse'

Die regspan van verontregte ­Namibiërs hoop die hof sal nuwe bewyse aanvaar voor uitspraak gelewer word.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Regsverteenwoordigers van die volksmoord-afstammelinge van die Ovaherero en Nama gaan poog om nuwe bewyse wat verlede week onthul is, by die Amerikaanse distrikshof van New York in te dien.

Die Ovaherero-opperhoof, adv. Vekuii Rukoro, het verlede week gesê hulle het nuwe dokumentêre bewyse gevind van hoe die Duitse regering tydens die koloniale tydperk in menslike oorblyfsels van slagoffers van volksmoord in Amerika handel gedryf het.

Die afstammelinge van slagoffers van die Ovaherero- en Nama-volksmoord van 1904 tot 1908 het 'n saak by die distrikshof van New York aanhangig gemaak om vir reparasies te eis.

Rukoro het egter gesê die nuwe bewyse maak deel uit van die Ovaherero- en Nama-saak, wat Duitsland heftig in die hof ontken.

“Ons het 'n nuwe bewysstuk ontdek waarvan ons nie voorheen geweet het nie. Die nuwe bewysstuk was nie beskikbaar vir ons nie, want dit was vir ons weggesteek. As hierdie bewysstuk tydens ons hofverskyning in Julie beskikbaar was, sou ons Duitsland in die eerste ronde 'n uitklophou gegee het,” het Rukoro gesê.

Hy sê toe hy van die nuwe bewyse hoor, het hy onmiddellik opdrag aan hul prokureurs gegee om die nodige dokumentasie voor te berei, asook die regter in New York te versoek om die bewyse in die hof toe te laat voordat hy 'n uitspraak maak.

"Die bewys is van direkte en betekenisvolle belang vir ons saak, asook vir die kwessies wat aan die hof voorgelê word," het Rukoro gesê.

Hy wou nie enige verdere besonderhede oor die beweerde bewyse verskaf nie en gesê hy kan nie in die stadium te veel openbaar maak nie. Rukoro het wel gesê dit sou die "eerbare ding" vir die New Yorkse hof wees om die bewyse toe te laat.

Die hof het die uitgebreide argumente van beide partye in Julie aangehoor en kan uitspraak lewer.

Rukoro het gesê die Ovaherero-gemeenskap is bemoedig deur die feit dat die hof nog uitspraak moet lewer - vier maande ná die aanhoor van die argumente. Volgens Rukoro is dit 'n teken dat die Namibiërs 'n saak het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!