Rundu Chiefs: Ons sal terug wees
Rundu Chiefs: Ons sal terug wees

Rundu Chiefs: Ons sal terug wees

Sokker
NAMPA
Die sokkerklub Rundu Chiefs is vasbeslote om sy plek in die land se hoogste liga terug te wen nadat hy uit die MTC Namibiese Premierliga gerelegeer is.

Die noordespan het tweedelaaste uit die 16 spanne klaargemaak, met 27 punte uit 30 wedstryde na afloop van die 2017-2018 seisoen.

Ná hul laaste wedstryd afgelope Sondag, toe Black Africa hulle met 7-1 afgeransel het, het Rundu Chiefs se waarnemende afrigter Mathew Kanyaso aan die nuusagentskap Nampa gesê hulle is positief dat hulle in die volgende seisoen 'n terugkeer kan maak om weer 'n NPL-plek oop te speel.

“Rundu Chiefs is 'n groot span met goeie getalle ondersteuners en klublede, wat sal help om ons span te hergroepeer en terug in die Premierliga te kom.”

Hy het uitgewys dat die noordoostelike eerste liga, waarin hulle volgende seisoen sal speel, nou in twee groepe verdeel is en dat so 'n stelsel hul kanse verder versterk om vinniger bevordering na die NPL te verseker.

“In die eerste liga hoef ons ook nie sulke reuse-afstande te ry wat 'n groot klomp geld kos nie. Met dié groepstelsel het ons 'n goeie kans om ons wedstryde te wen en dan sake teen die ander groepwenner uit te spook in die NPL-uitspeelwedstryd,” het Kanyaso gesê.

Volgens hom sal Rundu Chiefs die meeste van sy spelers vrystelling gee om na ander klubs oor te beweeg indien hulle wil. “Ons sal op die uitkyk wees vir nuwe bloed wat reg is vir ons stryd om bevorder te word.”

Intussen het die 2018 nasionale eerste liga in die drie verskillende streke nog nie afgeskop nie. Ondanks die aanvank­like afskopdatum in April het administratiewe kwessies verhinder dat die bal aan die rol gesit kon word.

Die drie streke vir die eerste liga het elkeen N$1 miljoen versoek om die liga aan die gang te hou, maar die Namibiese Sokkervereniging (NSV) as toesighouer van die liga is net bereid om elke streek met N$600 000 te finansier. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano | Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.97 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.28 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.9 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.27 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1889.62 Up +2.40% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14282.71 Up +0.63% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31250.64 Up +1.23% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 657.00/OZ DOWN -0.0005 | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0097 | Zinc US$ 3 007.30/T DOWN 0% | Brent Crude Oil US$ 73.94/BBP DOWN -0.0169 | Platinum US$ 987.72/OZ DOWN -0.0006 #N/A