Rundu se inwoners trotseer krokodille
Kenya Kambowe op Rundu – Inwoners van Rundu moes noodgedwonge vandeesmaand hul lewens waag deur water in die Kavangorivier te gaan skep omdat die plaaslike dorpsraad nie NamWater vir sy grootmaat-watervoorraad kon betaal nie.
Trouens, inwoners van dié Noordedorp het aanvaar skoon drinkwater kan nie gewaarborg word nie, en om af en toe water in die rivier te gaan skep het die “nuwe normaal” geword.
Baie mense, veral kinders, swem of bad ook in die rivier.
Hoewel die rivier ‘n reddingsboei vir plaaslike inwoners is, is dit egter ook die tuiste van krokodille.
Vir mnr. John Komba Nashirere (29) het ’n uitstappie na die gewilde Rundu Beach-ontspanningsgebied vroeër vandeesmaand in die plaaslike hospitaal geëindig.
Nashirere, 'n inwoner van Rundu se informele nedersetting Ndama, is aangeval terwyl hy water vir sy huishouding gaan haal het.
Ndama is een van die gebiede waar drinkbare water nie gewaarborg word nie, selfs wanneer ander plekke se watertoevoer herstel word.
Nashirere was gelukkig om die krokodilaanval met net wonde aan sy bene te oorleef.
ONBETAALDE WATERREKENINGE
Ondanks die risiko, skep inwoners steeds water uit die rivier omdat hul krane opgedroog het.
Mense het soms tot vier dae aaneen nie toegang tot water nie.
Die minister van landelike en stedelike ontwikkeling, mnr. Erastus Uutoni, het onlangs die dorp besoek om met die plaaslike bestuur te vergader, maar die watersituasie het nie verbeter nie.
Volgens die woordvoerder van die Rundu-dorpsraad, mnr. Benjamin Makayi, het die probleem ontstaan aangesien die munisipaliteit nie kan bekostig om hul rekening by NamWater te vereffen nie. Die nasionale waterverskaffer het die plaaslike owerheid op ’n voorafbetaalde waterstelsel geplaas.
Makayi het gesê slegs 30% van die dorp se inwoners betaal hul munisipale rekeninge, wat daartoe gelei het dat die watertoevoer gereeld vir wanbetalers én betalende kliënte afgesny word.
“Uit 15 000 rekeninge wat aan individuele huishoudings gestuur word, is daar slegs reaksie op ongeveer 4 500, en nie almal vereffen hul skuld ten volle nie. Wat verwag jy?” het hy opgemerk.
Hy het ’n beroep op alle belanghebbendes gedoen om hul rekeninge te betaal sodat die plaaslike owerheid doeltreffende diens kan lewer.
– [email protected]
FOTO
Rundu Beach, waar inwoners water by die Kavangorivier gaan skep. Foto Argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie