Rundu vat sandmyners vas
Kenya Kambowe – Rundu se dorpsraad en polisie het ‘n beroep op inwoners gedoen om die onwettige myn van sand onmiddellik te staak, of hulle sal vervolg word.
Dié onwettige mynaktiwiteite gedy op die dorp en die polisie doen nou 24 uur ‘n dag patrollies in ‘n poging om dit hok te slaan, het die waarnemende hoof van die polisie in Kavango-Oos, adj.komm. Bonifatius Kanyetu, en die uitvoerende hoof van die Rundu-munisipaliteit, mnr. Sikongo Haihambo, Maandag in ‘n gesamentlike verklaring gesê.
Jong mans op die dorp voer ‘n bestaan uit die onwettige myn van sand langs die Okavangorivier, wat hulle vir so min as N$50 vir ‘n bakkievrag verkoop.
“Die onwettige myn van sand in die dorpsgebied, wat Rundu se vloedvlaktes insluit, kom neer op diefstal van openbare eiendom wat tot die verval van die omgewing lei en deur die Wet op Omgewingsbestuur verbied word,” lui die verklaring.
Die verklaring waarsku die sakegemeenskap en inwoners wat steeds huishoudelike, bou-, tuin- en nywerheidsrommel in die vloedvlakte stort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie