‘Rus sag, Blommekind’
Ronelle Rademeyer - Die sonskyn wat “Blommekind Ella” vir haar familie en vriende gebring het, is gister met flonkerende geel kerse aan weerskante van haar spierwit kis en sonneblomme in die ruiker uitgebeeld.
’n Herinneringsdiens is gisteroggend in die Nuwe Kapel by die begraafplaas vir wyle me. Elna-Marie Abbott (29) gehou.
Past. Johan Venzke het in sy troosboodskap gesê die dood maak ons van nature bang, maar dat dit die pad is wat almal moet loop.
“Soos daar ’n dag is waarop ons gebore is, is daar ’n dag waarop ons sal sterf.”
Hy het verwys na Paulus wat gesê het hy vrees nie die dood nie, want dit is die begin van ’n nuwe lewe vir dié wat in Jesus glo. Geloof in Christus haal die angel uit die dood, was sy boodskap.
Abbott het die aand van 28 Maart haar lewe op die treinspoor wes van die Game-inkoopsentrum geneem en grusaam gesterf toe die trein haar onthoof het.
Dit was sowat 24 uur nadat sy in ’n WhatsApp-boodskap aan haar familie aangedui het sy wil nie meer leef nie. Sy het enkele ure voor haar dood nege groetbriewe vir hulle geskryf en in haar motor gelos wat sy by die Merensky Tower-woonstelgebou gaan parkeer het.
Geliefdes en die breër gemeenskap se ontsteltenis oor hierdie tragiese voorval het ook in Suid-Afrika opslae gemaak waar baie van haar familie woon.
Reëlings is vooraf getref vir ’n regstreekse uitsending van die diens op Facebook sodat geliefdes elders dit kon volg.
Verskeie familielede en vriende het in die begrafnisbrief roerend hulde aan haar gebring.
Sy laat haar ouers, mnr. Johnny Abbott en me. Liesel Pretorius, asook haar broer, Charles Abbott, en susters, Elzane Abbott en Imonê Megenis (reg gespel), agter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie