Rus teen Brit: Wie gaan dié keer harpuis ruik?

Boks
Michael Green – Die dokter kan maar nader staan, iemand gaan hierdie naweek in die herontmoeting van Alexander Povetkin en Dillian Whyte van Brittanje uitgeslaan word.
Dié twee swaargewigte pak mekaar Saterdag in die Europa Point-sportkompleks in Gibraltar.
Die wenner sal iewers in die toekoms teen die wenner van die komende geveg tussen die kampioene Anthony Joshua en Tyson Fury te staan kom.
In hul vorige kragmeting in Augustus verlede jaar is Povetkin in die vierde ronde twee keer platgeslaan.
Dit het gelyk of die einde vir die Russiese veteraan aangebreek het, maar in die volgende ronde het hy Whyte dramaties uitgeslaan.
“Ek is al gevra hoe dit voel om uitgeslaan te word, maar dis soos om iemand te vra hoe dit voel om dood te wees. Ek onthou wat gebeur het. Hy het my met ’n opstopper geslaan en ek onthou ek het geval en dat die skeidsregter getel het. Ek het probeer opstaan op agt, maar die skeidsregter het gesê: ‘Nee, dis verby!’” het Whyte vandeesweek aan Ring News 24 gesê.
Sy geheue is duidelik nie goed nie. Toe sy kop die kryt se vloer tref, het Mark Lyson, die skeidsregter, bekommerd langs hom gekniel en byna onmiddellik gewys daar is nie ’n kans dat die geveg kan voortgaan nie.
Whyte en Povetkin sou al in November weer teen mekaar geboks het, maar die Rus het Covid-19 opgedoen en moes kop uittrek.
Nou is albei slaggereed en die kans dat die geveg die volle aantal rondes gaan duur, is baie klein.
• Daar is ook baie op die spel vir die twee junior swaargewigte, Thabiso Mchunu en Evgeny Tishchenko, in hul geveg Saterdag in Ekaterinburg, Rusland.
Die wenner is ’n geveg teen die Wêreldboksraad se kampioen, Junior Makabu, belowe.
Die toernooi in Rusland word Saterdag van 19:40 regstreeks op SuperSport se Variety 3 (DStv-kanaal 208) uitgesaai.
– Netwerk24


FOTO
Dit is wat laas gebeur het toe Alexander Povetkin (staande) en Dillian Whyte (op die vloer) teen mekaar geboks het. Hierdie naweek se herontmoeting kan dalk andersom eindig. Foto Matchroom

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!