Rusch verstewig greep op kampioenskap
Rusch verstewig greep op kampioenskap

Rusch verstewig greep op kampioenskap

Enduro
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Die vyfde ronde van die Namibiese Enduro-klub is Saterdag 18 Augustus naby die Otjihase-myn, oos van die hoofstad, afgehandel waar 59 jaers om kampioenskapspunte meegeding het.

Met net twee rondes van die nasionale Enduro-kampioenskap oor, was ryers oorgehaal om verlore punte in te haal, maar dit was maklikker gesê as gedaan, met ‘n baan wat deelnemers moeilke asook tegniese uitdagings gebied het.

Die eerste jaers het om 09:30 weggespring om die 26 km lange baan te takel, wat hulle in sommige klasse vier maal moes voltooi. Vir kortpad vat en koeksny is daar nie ruimte gelaat nie, want die organiseerders met heelwat ondervinding maak met elektroniese senders aan die motorfietse seker deelnemers voltooi die hele roete.

Die roete was ‘n goeie mengsel van enkelspoorpaadjies met verskeie klimme en sommer heelwat bult-af gedeeltes waar jaers hul storie moes ken. Digby die wegspring was ‘n hindernisbaan waar toeskouers deelnemers in aksie kon sien.

Die Otjihase-byeenkoms het opnuut sy naam gestand gedoen toe van die deelnemers nie die pyp kon rook nie en die spreekwoordelike kat in die duiwehok losgelaat is. Met die Otjihase-kompetisie iets van die verlede is die kaarte by die seniors lekker geskommel met die voorloper wat na die tweede plek teruggesak het en die tweede posisie skielik die voortou geneem het.

In die opeklas het Henner Rusch sy heerskappy met ‘n oorwinning voortgesit, terwyl Ruhan Gouws en Nickle Visser onderskeidelik die tweede en derde plekke ingeneem het. Dít het die gaping vir Günther Gladis oopgemaak om die tweede posisie op die punteleer in te neem met Visser in die derde plek.

By die ontwikkelingsryers (klas 11) het sewe ryers die baan van 4 km gepak, wat hulle vier keer moes voltooi. Dylan Hilfiker het opnuut sy hakke vir die res van die veld gewys om ‘n voorsprong van 33 punte teenoor André Barnard in die tweede plek op te bou. Derde is Jorn Greiter wat vyf punte agter Barnard op 69 lê.

Topvyf uitslae:

Opeklas, 26 km x 4 rondes: 1. Henner Rusch 3 ure 02 minute 23 sekondes (94 kampioenskapspunte), 2. Ruhan Gous 3:08:34 (30), 3. Nickle Visser 3:15:05 (45), 4. Günther Gladis 3:24:14 (62), 5. Rainer Sentefol 3:34:48 (35).

Voorlopers. 1. Rusch 94, 2. Gladis 62, 3. Marcel Henle 57.

Klas 5, 26 km x 3: 1. Jorn Greiter 2:33:59 (69), 2. Martin Kruger 2:34:08 (78), 3. Ronald Geiger 2:44:01 (54), 4. Offer Babluki 2:48:22 (30), 5. Wayne Schablinski 2:54:10 (52).

Voorlopers: 1. Kruger 78, 2. Werner Wiese 74, 3. Greiter 69.

Klas 7, 22.5 km x 4: 1. Oliver Rohrmuller 2:35:02 (86), 2. Rian Kritzinger 2:35:16 (47), 3. Jaco Husselmann 2:37:10 (59), 4. Quinton van Rooyen 2:39:32 (41), 5. Jurgen Gladis 2:40:13 (66).

Voorlopers: 1. Rohrmuller 86, 2. Gladis 66, 3. Husselmann.

Klas 10, 20 km x 4: 1. Rhys Cragg 1:55:44 (67), 2. Paul Oosthuizen 1:59:50 (44), 3. André Marais 2:03:42 (66), 4. Kurt Hartung (0), 5. Teddy Kausch 2:06:04 (20).

Voorlopers: 1. JL Opperman 80, Cragg 67, 3. Marais 66.

Ontwikkelingsklas, 4 km x 4: 1. Dylan Hilfiker 50 minunte 21 sekondes (95), 2. Andre Barnard junior 53:37 (62), 3. Keanan Simpson 58:45 (32), 4. Caleb Rusch 1:00:24 (26), 5. Jossie Maritz 1:01:06 (28).

Voorlopers: 1. Hilficker 95, 2. Barnard 62, 3. Levin Quinger 50.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!