Rusland, China steun nie VSA oor VN-swartlys
Rusland, China steun nie VSA oor VN-swartlys

Rusland, China steun nie VSA oor VN-swartlys

Amerika en ander lede van die VN-raad sê sanksies moet streng toegepas word totdat Noord-Korea gehoor gee.
Rusland en China het beswaar gemaak teen 'n voorstel van die VSA om 'n Russiese bank, 'n Noord-­Koreaanse bankier in Moskou en twee ander liggame op 'n swartlys van die VN-veiligheidsraad te sit, sê diplomate.

Die lys is in pas met sanksies wat die Amerikaanse tesourie verlede week aangekondig het.

Amerika het die voorstel ingedien by die Veiligheidsraad se komitee oor sanksies teen Noord-Korea, wat uit 15 lede bestaan en deur konsensus besluite neem.

Rusland het beswaar daarteen gemaak en sê die VSA se voorstel is nie “behoorlik gegrond op voldoende inligting nie”, volgens diplomate.

China het nie redes vir sy besware verskaf nie.

Albei lande het al voorgestel dat die Veiligheidsraad sanksies verlig nadat pres. Donald Trump en Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea, in Junie vergader het en Kim beloof het om kernontwapening na te streef.

Amerika en ander lede van die raad sê die sanksies moet streng toegepas word totdat Noord-Korea gehoor gee.

Washington het verlede week sanksies ingestel teen Agrosoyuz Commercial Bank in Moskou, Ri Jong Won, 'n Noord-­Koreaanse bankier, Dandong Zhongsheng Industry & Trade in China en Korea Ungum Corporation in Noord-Korea.

Volgens die Amerikaanse tesourie het Agrosoyuz Bank 'n “aansienlike transaksie” beklink met Han Jang Su, 'n Noord-­Koreaanse bankier wat op Washington se swartlys is.

Han is die hoofverteenwoordiger in Moskou van die Foreign Trade Bank (FTB), Noord-Korea se hoofbank vir buitelandse valuta.

FTB is in Augustus 2017 deur die Veiligheidsraad op die swartlys geplaas. Ri is FTB se adjunk-verteenwoordiger in Moskou.

Die Amerikaanse tesourier sê Dandong Zhong­sheng Industry & Trade en Korea Ungum Corporation was frontmaat­skappye van FTB.

Die VN-swartlys maak voorsiening vir 'n wêreldwye reisverbod en die vries van bates.

Sanksies deur die VSA en Veiligheidsraad, insluitend die verbod op uitvoer van steenkool, yster, lood, tekstiele en seekos van Noord-Korea, is daarop gemik om finansiering vir Pjongjang se kern- en missielprogramme af te sny. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!