• Tuisblad
  • Landbou
  • Rusland en Oekraïne: Só kan konflik landbou, kospryse raak
Rusland en Oekrau00efne: Su00f3 kan konflik landbou, kospryse raak
Rusland en Oekrau00efne: Su00f3 kan konflik landbou, kospryse raak

Rusland en Oekraïne: Só kan konflik landbou, kospryse raak

Afrikalande en veral Suid-Afrika se landboubedrywe en binnelandse verbruikers sal deur die konflik tussen Rusland en Oekraïne, sê ’n ekonoom.
Liana Mocke - Internasionale politieke woelinge kan ’n invloed op landboubedrywighede in Suid-Afrika hê terwyl boere en die landbousektor reeds die impak van swaar reën en vloede probeer trotseer.

Die toenemende spanning tussen Rusland en Oekraïne, wat sleutelprodusente en uitvoerders van landbouprodukte is, moet dopgehou word, sê Wandile Sihlobo, ekonoom van die landbousakekamer Agbiz.

“Hulle is sleutelrolspelers in die internasionale landbousektor. Enige onderbreking in hul produksie of uitvoer sal kommoditeitspryse wêreldwyd beïnvloed.

“Rusland is die 17de grootste verskaffer van landbouprodukte aan Suid-Afrika en Oekraïne die 44ste.”

IMPAK VAN KONFLIK

“Ons weet nie hoe die konflik tussen Rusland en Oekraïne gaan ontvou nie. Dit het tot paniek onder sommige ontleders gelei, wat besorg is oor die potensiële handelsontwrigting wat dit kan meebring en die gevolge daarvan vir wêreldvoedselsekuriteit,” sê Sihlobo.

“Ons deel hierdie siening, veral rakende die impak op die pryse van graan en oliesade. Hierdie landboukommoditeite is van die sleuteldrywers van internasionale voedselpryse sedert 2020, hoofsaaklik weens die droogte in Suid-Amerika, swak oeste in Indonesië en die stygende vraag uit China en Indië.”

Sihlobo sê sou daar ontwrigting in die handelsbedrywighede van hierdie beduidend produserende Swartsee-streke kom, sal internasionale kommoditeitspryse styg, wat weer die potensiaal het om voedselpryse te raak.

“Die skaal waarop hierdie opswaai in wêreldwye graan- en oliesadepryse plaasvind, sal hoofsaaklik van die ontwrigting afhang,” volgens Sihlobo.

KORING

Sihlobo sê Rusland produseer ongeveer 10% van die wêreld se koring en Oekraïne 4%.

“As ’n mens die twee bymekaartel, is die produksie amper dieselfde as dié van die Europese Unie (EU) s’n.” Dit is volgens die Internasionale Graanraad se onlangse data.

Die koring wat die twee lande produseer, word nie net plaaslik verbruik nie, dit word ook uitgevoer.

“Wat uitvoer betref, voer die twee lande gesamentlik net meer as ’n kwart van hul graan per jaar uit. In 2020 was Rusland vir 18% van internasionale koringuitvoer verantwoordelik en Oekraïne vir 8%.”



MIELIES

Gesamentlik produseer die lande 4% van die wêreld se mielies en saam was hulle in 2020 vir 14% van mielie-uitvoer verantwoordelik, volgens inligting van Trade Map.



SONNEBLOMOLIE



Oekraïne en Rusland is ook leiers in die vervaardiging en uitvoer van sonneblomolie. In 2020 het Oekraïne 40% van die wêreldwye uitvoer gelewer en Rusland 18%.



WAT VAN SUID-AFRIKA EN ANDER AFRIKALANDE?

Sihlobo sê die internasionale gebeure sal indirek ’n impak op Suid-Afrika se landboubedryf hê.

Suid-Afrika voer koring van albei lande af in, maar wat uitvoer betref, is Rusland ’n noemenswaardige mark – die 13de grootste – vir Suid-Afrika. Suid-Afrika se produkte aan Rusland en Oekraïne is hoofsaaklik sitrus, neute, groente en tabak.

Suid-Afrika het egter sterker landbouverhoudings met die res van Afrika, Asië, Brittanje en die EU.

“In die derde kwartaal van 2021 was die Afrikavasteland (35%) en Asië (33%) die grootste bestemmings vir Suid-Afrika se landbou-uitvoer in waardeterme. Die EU was die derde grootste mark (23%). Die balans van 9% behoort aan die Amerikas en ander wêreldstreke.”

Die Afrikalande wat dalk meer blootgestel sal wees weens die spanning tussen die twee lande, is die Maghreb-streke, spesifiek Egipte, Marokko en Tunisië. Wat Afrika suid van die Sahara betref, kan dit Nigerië, Soedan en Tanzanië erger raak weens groot volumes koring wat hulle van Rusland en Oekraïne invoer, sê Sihlobo. -Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-09-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 19° | 35° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 23° | 36° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 23° | 33° Otjiwarongo: 18° | 29° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 17° | 26° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:12, High tide: 02:24, Low Tide: 20:36, High tide: 14:35 Swakopmund: 13° | 17° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:22, Low Tide: 20:34, High tide: 14:33 Walvis Bay: 14° | 27° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:21, Low Tide: 20:34, High tide: 14:32 Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 18° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 23° Ariamsvlei: 17° | 32° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 13° | 29° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 9° | 25° Maseru: 12° | 23° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 17° | 26° Cape Town: 14° | 20° Durban: 14° | 27° Johannesburg: 12° | 23° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 29° Harare: 13° | 27° #N/A #N/A