Rusland se vegvliegtuig soek skoor met VSA-vloot
Die Amerikaanse staatsdepartement beskuldig Rusland daarvan dat sy militêre vegvliegtuig Maandag in ’n “onveilige interaksie” met die Amerikaanse vloot se waarnemingsvliegtuig oor die Swart See was.
Die Russiese Su-27-vegvliegtuig het binne 1,5 km reg voor die Amerikaanse vliegtuig ingevlieg, lui ’n mediaverklaring van die staatsdepartement.
“Ons doen ’n beroep op Rusland om op te hou met die onveilige optrede wat die risiko van misrekening en botsings in die lug verhoog en die lugbemanning aan albei kante se lewe in gevaar stel,” lui die verklaring.
“Dit is die jongste voorbeeld van die Russiese militêre aktiwiteite wat die internasionale norme en ooreenkomste verontagsaam.”
Die ministerie van verdediging sê Amerika se EP-3E Aries II-vlootvliegtuig was nie in die Russiese lugruim nie, berig die Russiese RIA nuusagentskap.
“Ná die VSA-vloot se waarnemingsvliegtuig van rigting verander het om weg te beweeg van die grens, het die Su-27 teruggekeer na sy basis,” het die Russiese ministerie van verdediging luidens RIA se berig gesê. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie