Rusland skiet op Oekraïne se vloot
Die Oekraïense vloot het Rusland Sondag daarvan beskuldig dat Russiese vegvliegtuie losgebrand het op een van sy skepe.
Een skip is getref en ’n bemanningslid is gewond, berig Reuters.
Gemoedere tussen Rusland en die Oekraïne loop die afgelope drie dae reeds hoog nadat Rusland drie skepe van die Oekraïense vloot toegang geweier het om deur die Kerch-seestraat toegang tot die see van Azof te kry.
Rusland het ’n reusevragskip onder die brug wat die Krim-skiereiland met Rusland verbind en onder Russiese beheer is, geplaas om die Oekraïense skepe te stuit.
Die Russiese FSB-veiligheidsdiens (die binnelandse opvolger van die KGB) het vroeg Maandag gesê dat sy bote wat die grens patrolleer beslag gelê het op skepe van die Oekraïense vloot in die Swartsee.
Hy het bevestig wapens is gebruik om die skepe te stop, luidens die Russiese staatsmedia.
Die FSB het gesê hy is gedwing om op te tree omdat die skepe — twee klein Oekraïense gepantserde artillerie skepe en ’n sleepboot — “onwettig Rusland se gebied betree het, gepoog het om onwettige aksies uit te voer en waarskuwings geïgnoreer het”.
Drie bemanningslede is gewond en ontvang mediese sorg, luidens die FSB-veiligheidsdiens se verklaring. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie