Rusland teel nou ou Sowjet-hoenders
Rusland teel nou ou Sowjet-hoenders

Rusland teel nou ou Sowjet-hoenders

Rusland blaas nuwe lewe in die hoenderras wat die Russe in die doodsnikke van die Kommunisme aan die lewe gehou het.

Die projek is ’n verskansing teen moontlike voedselsanksies deur Amerika en ’n uitdaging aan die twee Westerse telers wat al Rusland se kommersiële hoenders voorsien.

Ná ’n reeks terugslae, waaronder die uitbreking van voëlgriep wat verlede jaar daartoe gelei het dat 200 000 toetshoenders van kant gemaak moes word, is die verbeterde Sowjet-braaihoender uiteindelik reg vir die mark, sê Wladimir Fisinin (78), hoof van die Russiese Pluimvee-unie wat gehelp het om dié gepatenteerde ras te ontwikkel.

Die doel hiervan is om enige tekort aan te vul wat veroorsaak kan word deur Amerikaanse perke op die invoer van die eiers en kuikens wat uiteindelik Rusland se hoofbron van proteïen word. Amerika het nog nie gedreig om kos in te sluit in die sanksies wat hy in 2014 begin toepas het nie, ten minste nie in die openbaar nie.

ONVOORSPELBARE WITHUIS

Maar Fisinin, wat aan die vooraand van die Tweede Wêreldoorlog op ’n gemeenskapsplaas in Siberië gebore is, sê Rusland moet hom op die ergste voorberei terwyl hy met ’n toenemend onvoorspelbare Withuis te doen het.

“Wie die hel weet watter uilskuiken volgende sal kom, soos hierdie mnr. Trump,” het Fisinin onlangs in ’n onderhoud gesê.

Fisinin was in 1972 deel van die span wat Sowjet-voedselwetenskap help byhou het met die Weste deur ’n groter en smaakliker weergawe van Gallus gallus domesticus te teel. Hulle het dit Smena, wat verandering in Russies beteken, genoem.

Dit was manna uit die hemel vir die Politburo en het tot ’n rekordtoename in vleisproduksie gelei, wat tot die 1990’s volgehou is toe Amerikaanse maatskappye die mark oorgeneem en Smena bykans uitgesterf het.

Pres. Wladimir Poetin meen die konsentrasie van soveel markkrag in so ’n klein groep buitelandse maatskappye is ’n onaanvaarbare veiligheidsrisiko. Volgens Richard Nephew, ’n voormalige beampte van die VSA se departement van binnelandse sake onder oudpres. Barack Obama, was die VSA “uiters bedag daarop om sanksies op voedsel- en mediese produkte te vermy” sedert minstens 2000. Dit sou egter wetlik en tegnies redelik maklik wees om dit wel deur te voer, sê hy.

VAT NIE KANSE NIE

Poetin vat nie kanse nie. En dis nie net hoenders waaroor die Kremlin bekommerd is nie. Russiese produsente van bees- en varkvleis, aartappels en selfs suikerbeet, die land se grootste bron van versoeters, is afhanklik van genetiese insette van Amerika en Europa.

“Daar is drukpunte vir enigiemand wat ons ekonomie wil vernietig,” sê Andrei Klepach, hoofekonoom by die staatsontwikkelingsbank VEB. “Die herwinning van die teelprojek is ’n prioriteit. Ons het soort van ’n gepantserde trein op ’n sylyn nodig.”

Die Smena-projek mik daarna om teen 2025 te voorsien in ’n kwart van die mark se behoeftes.

In 2017 het Russiese maatskappye US$100 miljoen bestee om 23 miljoen kuikens te koop van twee Amerikaanse telers wat aanlegte in Rusland besit.

Met hierdie hoenders kon Russiese maatskappye 4,2 miljard eiers produseer wat uiteindelik braaihoenders geword het. Die opbrengs was sowat 4 miljoen ton vleis, volgens Fisinin.

Hy sê al sal dit moeilik wees, is Rusland goed op dreef om sy teiken van ’n 25%-markaandeel te bereik.

“Hulle het gedink ons sou nie in ’n miljoen jaar met hulle kon meeding nie. Maar die situasie is nou heeltemal anders.” – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-09-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.54 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.47 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.02 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.27 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 610.51/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.33/lb UP +0.16% | Zinc US$ 2 918.30/T DOWN -0.63% | Brent Crude Oil US$ 74.47/BBP DOWN -0.0056 | Platinum US$ 981.53/OZ DOWN -0.0012 Sport results: LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Weather: Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.54 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.47 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.02 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.27 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 610.51/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.33/lb UP +0.16% | Zinc US$ 2 918.30/T DOWN -0.63% | Brent Crude Oil US$ 74.47/BBP DOWN -0.0056 | Platinum US$ 981.53/OZ DOWN -0.0012