Rusland verminder VSA-diplomate

Die gespanne betrekkinge tussen Rusland en Amerika duur voort met stappe wat pres. Wladimir Poetin teen Amerikaanse diplomate aangekondig het.
NAMPA
Moskou het Maandag sy besluit verdedig om ‘n beperking op Amerikaanse diplomatieke personeel te plaas.

Die Kremlin het oënskynlik hoop op beter betrekkinge met Amerika onder pres. Donald Trump laat vaar.

Pres. Wladimir Poetin het Sondag aangekondig dat Amerikaanse diplomatieke personeel in Rusland met 755 verminder moet word. Dit is in reaksie op nuwe sanksies wat deur die Amerikaanse kongres teen Rusland aanvaar is.

Die stap is een van die grootste enkele verminderings van Amerikaanse personeel deur Moskou, met Poetin wat waarsku dat hy verdere weerwraak beplan.

"Ons het lank genoeg gewag en gehoop dat die situasie ten goede sal verander, het hy gesê. “Dit wil egter voorkom asof enige verandering in die situasie nie gou sal kom nie.”

Poetin se woordvoerder, Dmitry Peskov, het gister gesê enige hoop op ‘n verbetering in betrekkinge tussen Washington en Moskou sou afhang van die “genesing van die politieke skisofrenie” in Washington.

Die Amerikaanse senaat het Donderdag oorweldigend ‘n wetsontwerp vir strenger sanksies teen Rusland vir beweerde inmenging in die 2016-presidentsverkiesings goedgekeur. Iran en Noord-Korea is ook vir sanksies geteiken.

Amerika sal vanaf 1 September net 455 personeellede by diplomatieke sendings in Rusland mag hê, dieselfde getal as Russiese diplomate in Amerika.

Rusland het ook beslag op twee van die Amerikaanse ambassade se eiendomme, ‘n somerhuis in Moskou en ‘n stoorgerief elders in die stad, gelê. - Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!