Russe kry kernkrag-ysbrekers vir Arktiese roete
Reuters en William Horne – Rusland het Saterdag die eerste van drie ysbrekers wat met kernkrag aangedryf word, te water gelaat met die oog op ekonomiese uitbreiding in die Noordelike Yssee en Arktiese gebied.
Die Oeral is die eerste van drie nuwe Russiese ysbrekers wat met kernkrag aangedryf word, tans die grootste en kragtigste ysbrekers ter wêreld.
Die skepe is deel van ’n groter Russiese projek om dié streek se volle potensiaal vir Rusland te ontgin.
Die Russiese regering bou nuwe infrastruktuur en knap ook hawens op namate die ys in die Noordelike Yssee minder word en die oseaan nou bykans die hele jaar getrotseer kan word.
Rusland noem dié nuwe ope waters die Noordelike Seestraat.
“Die Oeral en die ander twee is sentraal tot ons strategiese projek om die Noordelike Seestraat vir aktiwiteit regdeur die jaar oop te maak,” sê Aleksei Likhatsjef, uitvoerende hoof van Rosatom, Rusland se staatsbeheerde kernenergie-onderneming.
Die Oeral sal in 2022 amptelik aan Rosatom oorhandig word wanneer die ander twee skepe ook klaar is.
Die Arktiese gebied bevat glo die ekwivalent van 412 miljard vate olie in aardgas en ruolie-reserwes. Dit is byna ’n kwart van al die onbenutte fossielbrandstofreserwes ter wêreld, reken die Amerikaanse geografiese agentskap.
Pres. Wladimir Poetin het in April gesê Rusland versnel die bou van ysbrekers om ook die verkeer van vragskepe langs sy noordelike kus ’n hupstoot te kan gee.
Moskou hoop die gewildheid van dié roete tussen Moermansk en die Beiring-seestraat naby Alaska sal toeneem omdat dit die vervoertye van Asië na Europa beduidend korter maak.
Maar dié stappe plaas Rusland ook in regstreekse mededinging met die VSA, Noorweë, Kanada en China wat dieselfde streek en hulpbronne vir hulself wil benut.
Teen 2035, het Poetin gesê, gaan Rusland se Arktiese vloot met ten minste 13 swaardiens-ysbrekers bedryf word, waarvan nege kernkrag sal benut.
Die Oeral self word deur 75 mense beman en kan deur ys van tot 3 m dik sny. – Reuters/ Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie