Russiese u00adambassadeur dood in swembad gevind
Russiese u00adambassadeur dood in swembad gevind

Russiese ­ambassadeur dood in swembad gevind

Soedan
NAMPA
Rusland se ambassadeur in ­Soedan, Mirgayas Shirinskiy, is Woensdag dood in die swembad by sy woning in Khartoem aangetref, het Soedannese polisie gesê.

Die ambassadeur, wat bekend was daarvoor dat hy aan hoë ­bloeddruk gely het, is sover bekend aan ­natuurlike oorsake dood, het 'n woordvoerder van die polisie in Khartoem gesê.

Soedan se ministerie van ­buitelandse sake het in 'n ver­klaring sy meegevoel aan Rusland betoon en was vol lof vir ­Shirinskiy se diplomatieke pogings om ­betrekkinge tussen die twee lande te versterk.

– Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer