Russiese bokskampioen pak handskoene weg
Boks
Alexander Povetkin, ’n voormalige swaargewigkampioen van die Wêreldboksvereniging (WBA), het besluit om sy bokshandskoene weg te pak.
Die 41-jarige Rus, wat die afgelope tien jaar as een van die gevaarlikste swaargewigte in die wêreld beskou is, sê die “jare het hul tol geëis”.
“Ek het allerhande beserings wat nog behandel moet word. Die tyd het aangebreek dat ek my loopbaan moet afsluit,” het Povetkin op Instagram gesê.
In sy laaste geveg, in Maart in Gibraltar, het Dillian Whyte van Brittanje hom met ’n tegniese uitklophou verslaan.
Dit was een van net drie nederlae wat Povetkin in sy beroepsloopbaan gely het.
Die enigste ander manne wat hom kon troef, was Anthony Joshua en Wladimir Klitschko.
Povetkin, sedert die begin van sy beroepsloopbaan in 2005 altesame 36 keer aan die wenkant was en 25 opponente uitgeslaan het, het ook teen Michael Hunter gelykop geboks.
As amateur het Povetkin goue medaljes in die superswaargewigklas by die 2003 wêreldkampioenskap en die 2004 Olimpiese Spele in Athene verower.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie