Russiese magsvertoon vir ‘grootskaalse konflik’
Rusland het sy grootste militêre oefening sedert die Koue Oorlog gehou waaraan honderdduisende troepe, vir die eerste keer ook Chinese soldate, deelgeneem het.
Navo meen dit is ’n oefening vir “grootskaalse konflik”.
Die spanning tussen die Weste en Rusland bou die laaste tyd op weens onder meer die Skripal-saak in Brittanje.
Volgens die Russiese ministerie van verdediging is meer as 300 000 troepe, 36 000 tenks, 1 000 vliegtuie en 80 oorlogskepe, asook ondersteuningsvaartuie, betrokke by die massiewe militêre oefening, genaamd Vostok-2018, wat in die ooste van Siberië gehou word, berig Al Jazeera.
Die ministerie het beeldmateriaal uitgesaai van tenks, pantservoertuie, militêre helikopters en vliegtuie.
Die oogmerk is om die weermag se gereedheid te toets deur troepe oor groot afstande te vervoer, asook om vas te stel hoe infanterie met vlootbevelvoerders saamwerk, en hoe om die gesagstruktuur en prosedures te verbeter.
SCENARIO’S OEFEN
Later sal offensiewe en defensiewe scenario’s geoefen word.
Rusland sê 24 Chinese helikopters en ses vegvliegtuie is in die Russiese lugruim vir die oefening ontplooi.
China sê 3 200 lede van sy weermag neem deel aan die oefening.
Navo, Japan, Suid- en Noord-Korea en Amerika hou die oefening fyn dop. Amerika het ’n sterk militêre teenwoordigheid in Asië.
Die oefening val saam met die ontmoeting tussen pres. Wladimir Poetin van Rusland en sy Chinese eweknie, Xi Jinping, by die Oostelike Ekonomiese Forum in Wladiwostok.
Poetin sê hy het ’n goeie verhouding met China op alle vlakke. Xi sê hulle sal hul bande versterk. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie