Russiese ‘spioene’ se paspoorte vertel ’n verhaal
’n Nuuswebwerf in Rusland berig Boshirof en Petrof se reisprogram stem in “minstens een voorval” ooreen met ’n buitelandse reis van Poetin.
Die twee Russiese verdagtes wat verdink word van die vergiftiging van ’n voormalige Russiese spioen en sy dogter in Salisbury, Brittanje, se reisprogram toon dat hulle glo op dieselfde tyd as pres. Wladimir Poetin van Rusland op ’n buitelandse reis was.
Dít nadat Poetin ontken het dat Ruslan Boshirof en Aleksander Petrof Russiese spioene is.
Boonop bevat die twee mans se paspoorte bewyse, soos telefoonnommers, wat hulle met die Russiese weermag verbind, berig die nuuswebwerf Bellingcat.
Boshirof en Petrof sê hulle was toeriste wat op 4 Maart in Salisbury was om die bekende katedraal te besoek.
Sergei Skripal, ’n voormalige Russiese militêre offisier en sy dogter, Joelia, is op dié dag met die gifstof nowitsjok vergiftig.
Boshirof en Petrof het aan Russia Today, ’n Engelse staatsnuuskanaal van Rusland, gesê hulle ontken ten sterkste dat hulle lede is van die Russiese militêre intelligensiediens (GRU).
Die Britse polisie het vroeër vandeesmaand foto’s en kringtelevisiebeeldmateriaal beskikbaar gestel van Boshirof en Petrof waar hulle in Salisbury rondstap. Hulle het glo Skirpal se huis se voordeur met gif besmet. Brittanje beskuldig Rusland daarvan dat hulle ’n sluipmoord wou uitvoer.
DAWN STURGESS
Die Skripals en ’n polisielid wat aan die senugas blootgestel is, het herstel, maar Dawn Sturgess wat op 30 Junie daarmee in aanraking was, is ’n week later dood. Sturgess se kêrel het ’n bottel, wat lyk na ’n parfuumbottel, in ’n asblik in Salisbury opgetel. Die senugas is glo in die einste bottel in Engeland ingesmokkel.
Die Russiese nuuswebwerf Fontanka berig Boshirof en Petrof se reisprogram stem in “minstens een voorval” ooreen met ’n buitelandse reis van Poetin.
Daar bestaan glo ook ’n reeks paspoorte met soortgelyke nommers as dié van Boshirof en Petrof. Die mans het bykans identiese paspoortnommers, wat slegs met drie syfers verskil, berig The Guardian.
Kol. Eduard Shishmakof, ’n Russiese militêre offisier wat uit Pole verban is omdat hy glo ’n spioen was, se paspoort is soortgelyk as dié van die twee verdagtes in die Salisbury-gifaanval.
Daar is ’n lys van 40 paspoorte van vermoedelike GRU-offisiere, berig The Guardian.
The Insider, ’n Russiese webwerf wat ondersoekende joernalistiek dra, het inligting gepubliseer dat Petrof se lêer as “hoogs geheim” geklassifiseer is. Daar is glo ook opdrag gegee dat geen inligting oor Petrof of Boshirof bekend gemaak mag word nie.
Hoewel die twee mans en Poetin volhou dat hulle gewone burgers en nie spioene is nie, berig Bellingcat dat hulle paspoorte verkry is deur ’n elite-paspoortagentskap.
Dié agentskap word glo slegs deur baie belangrike persone (BBP’s) of intelligensie-offisiere van die staat gebruik, berig The Guardian.
Petrof en Boshirof lyk ook asof hulle van uit die niet verskyn het. Hulle het geen sosialemedia-profiele nie en besit geen eiendom in Rusland nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie