Russiese vegvliegtuig oor Sirië afgeskiet
’n Russiese vegvliegtuig is in die noorde van Sirië deur rebellevegters afgeskiet.
‘n Russiese vlieënier is Saterdag in gevegte met rebellemagte dood nadat sy Su-25 vegvliegtuig in die noordweste van Sirië by Idlib afgeskiet is, het die Russiese ministerie van verdediging gesê.
Hayat Tahrir al-Sham (HTS), ‘n sterk jihadisties-beheerde alliansie, het aan ‘n plaaslike televisiekanaal gesê hulle het die vliegtuig afgeskiet, maar het geen melding van die vlieënier gemaak nie, berig AFP.
“Ons het vanmiddag daarin geslaag om ‘n Russiese vegvliegtuig met ‘n draagbare missiellanseerder oor Saraqib in Idlib af te skiet,” het Mahmoud al-Turkmani gesê wat volgens sy verklaring die hoof van HTS se “lugverdedigingsbrigade” is.
Volgens Reuters het die Russiese nuusagentskap Tass bevestig dat die vliegtuig afgeskiet en dat die vlieënier dood is.
Video’s van die vliegtuig wat al brandend uit die lug val, asook van die brandende wrakstukke op die grond, isop sosiale media versprei.
Al-Turkmani sê die aanval was vergelding vir die fel Russiese lugaanvalle op die gebied.
Daar was volgens berigte in die voorafgaande 24 uur talle Russiese lugaanvalle oor Idlib en volgens die Verenigde Nasie moes sowat 100 000 mense uit die gebied vlug.
HTS, wat beheer word deur Al Kaïda se voormalige geallieerde mag in Sirië, beheer die Idlib-gebied en probeer om fel Russies-gesteunde aanvalle deur Siriese regeringstroepe te beveg.
Die Russiese ministerie van verdediging sê die vlieënier het genoeg tyd gehad om die uitskietstelsel se aktiveer, maar is dood “in gevegte met die terroriste”.
‘n Siriese menseregtemoniteringsgroep, The Syrian Observatory for Human Rights, het gesê die vlieënier is doodgemaak toe die rebelle hom gevange wou neem en hy hom teëgesit het. Nampa/Reuters/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie