Russiese vloot op Walvisbaai
Russiese vloot op Walvisbaai

Russiese vloot op Walvisbaai

Gerine Hoff
Otis Finck in Walvisbaai



Die Russiese vloot het die afgelope naweek 'n historiese besoek aan Walvisbaai afgelê.

Die Russiese antiduikbootskip, die Severomorsk, asook die mediumgrootte tenkskip Dubna en reddingsboot Altay het Saterdag om 14:00 die hawe ingevaar.

Bevelvoerder Stanislav Varik, die Russiese ambassadeur in Namibië, mnr. Alexander Khudin, en die kapteins van die begeleidingsbote het Sondag besoek aan die burgemeester van Walvisbaai, mnr. Immanuel Wilfred, en die hawekaptein, Lukas Kufuna, afgelê.

Hulle het inligting oor die skepe en hul sending gedeel en geskenke uitgeruil.

Die Russiese matrose het hul Namibiese eweknieë ontmoet en die geleentheid gekry om 'n paar besienswaardighede te besoek. Lede van die publiek kon ook Sondag tussen 10:00 en 13:00 die Severomorsk besoek.

Bevelvoerder Varik het gesê die besoek het ten doel om samewerking tussen Rusland en Namibië te versterk, veral in die lig van talle wêreldwye bedreigings. Hy het gesê hy is beïndruk met die goed toegeruste hawe en fasiliteite, en het die hoop uitgespreek dat meer Russiese vaartuie in die toekoms daar sou aandoen.

Die Severomorsk het Rusland op 16 November verlede jaar verlaat. Haar 130 bemanningslede het versterkings verleen aan die Noordelike Vlootgroepering tydens lugaanvalle teen die Islamitiese staat (ISIS) en ander terroriste-organisasies naby die Siriese kus.

Die skip het ook deelgeneem aan die AMAN 2017-vlootoefening wat van 9 tot 5 Februarie in die Arabiese See en by 'n Pakistanse vlootbasis plaasgevind het.

Die bemanning het toe verskillende oefeninge uitgevoer en buitelandse duikbote met behulp van die dek-gebaseerde lugvaart opgespoor.

Severomorsk vervoer 'n indrukwekkende arsenaal wapens en vuurkrag. Dit is toegerus met twee vierhouer Rastrub vuurpyl- torpedolaaiers, ses tot 26 myne, agt Kinzhal SAM-stelsels (wat 64 missiele vervoer), 'n 100 mm AK-100 artillerie geweer, vier 30 mm AK-630 m masjiengewere en RBU-6000 ASW vuurpyllaaiers. Die vaartuig huisves ook twee Ka-27 helikopters.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!