Rust, Slamet en Van Rensburg ry rof
Die naweek se langbaanrenne en renstelle het sy volle kwota drama op die baan gelewer.
Tielman van Lill – Windhoek-motorklub (WMK) het Saterdag sy eerste klubbyeenkoms vir die 2020-seisoen by die Tony Rust-renbaan wes van die hoofstad aangebied.
Vroeër vanjaar het swaar reën dit vir die gasheerklub onmoontlik gemaak om met die nasionale langbaankampioenskap te begin en in Maartmaand het die Covid-19-pandemie 'n stokkie voor rengeesdriftiges se resiesplanne gesteek.
Hoewel bitter min inskrywing (10) vir die naweek se byeenkoms ontvang is, was die renne vuurwarm en veral die renstelle met 13 deelnemers het vir strawwe mededinging gesorg.
Drie jaers het Saterdag teenspoed ervaar.
Michel Rust, van Windhoek-motorklub, se klas-B Volvo Cars Namibia het met die buitebandmuur kennis gemaak nadat die buiteband regs voor in die draai van die velling afgeskil het. 'n Pap band was die oorsaak vir 'n gekneusde ego en skade aan die neus van die Volvo.
Rust het geen beheer oor die Volvo gehad het nie en het bloot as passasier saam gery tot die silwer Volvo die buitebande getref het. Hy sê die skade is darem nie onherstelbaar nie.
Richie Slamet se blitsige RS Freight Solutions klas A Mini Cooper S Turbo wat in 'n hewige stryd met Riaan van Rensburg se Spraytech klas-X V8 Corvette gewikkel was, het in die derde ren in die laaste draai voor die kuipe gegly, die relings getref en omgeslaan.
Brandstof het op die uitlaatpyp beland en die Mini het aan die brand geslaan. Skade is wel opgedoen voor die vlamme geblus kon word, maar Richard Slamet, Richie se pa en voorsitter van die WMK, sê daar is geen strukturele skade nie en die herstelwerk is veel minder as wat hulle aanvanklik gedink het.
“Die linkerkantse dryfas moes in die draai gebreek het en al die krag het na die regtervoorwiel geskuif, wat die Mini van balans gegooi het,” het Slamet aan Republikein verduidelik.
Van Rensburg se brullende V8 Corvette het vermoedelik 'n olielek gehad toe dit tydens die tweede ren (uit drie) aan die brand geslaan het. Dit was Van Rensburg se eerste resies met die Corvette, wat erg beskadig is.
Clive Strydom, WMK se verteenwoordiger vir langbaanresiese, sê: “Die byeenkoms was suksesvol. Dit is jammer dat al die ongelukke en skade aan die karre gebeur het, maar dit is hoe dit met resies ry gaan en dit is wat maak dat ons keer op keer na die baan terugkeer. Bou, jaag, breek, herhaal.”
Deon Diergaardt, WMK se verteenwoordiger vir die versnelrenne oor 400 meter, sê hulle het Vrydagaand tot elfuur 'n suksesvolle kompetisie met 30 inskrywings gehad.
“Die kompetisie wat die toeskouers op hul voete gehou het, het tot elfuur aangehou. Weens 'n tegniese probleem kon ons ongelukkig geen amptelike tye aanteken nie. Dit is verblydend om meer gewone karre sonder turbo's te sien wat uitstekend gevaar het.
“Baie dankie aan die deelnemers, beamptes en toeskouers wat vir 'n suksesvolle byeenkoms gesorg het,” het Diergaardt gesê.
Van die voorste uitslae:
Langbaanresies
Klubmans Klas A: 1 Richie Slamet (vinnigste kwalifiserende tyd, 71.82 sekondes).
Klas D: 1 Michael Strydom (78.08 s).
Klas E: 1 Clive Strydom (81.18 s), 2 Matthew Strydom (82.74 s).
Klas F: Gareth Fourie (84.64 s).
Klas X (nuwe jaers en karre): 1 Devon Farmer (84.61 s), 2 Riaan van Rensburg (71.83 s).
Renstelle
Maxterino: 1 Jadyn van Zyl, 2 Jaydrique Rhode, 3 Mario Neves.
Junior Max: 1 Christiaan Liebenberg, 2 Justus Beulker, 3 Michael Fourie.
Senior Max: 1 Ivan Vorster, 2 Athi Monkwonkwana, 3 Hein Kruger.
Meesters: 1 Quinton Liebenberg.
Die Windhoek-motorklub sê: “Ons bedank graag die volgende individue en besighede: Sanitech vir die toilette; IBS vir die ligte en DB Audio vir die klank by die versnelrenne; Allan Martin vir die vervanging van die dakplate wat gedurende die grendeltydperk afgesteel was; Frans Smith wat ons luidsprekerstelsel herstel het; Care4Investments wat gesorg het dat ons waterprobleme iets van die verlede is; MRT-insleepdiens; Roadmac Surfacing wat die baan vir ons skoon gevee het; Powerite Electrical wat die krag herstel het; City Clutch & Brake; Rent a Drum vir die vullisdromme en Kart Store wat die bymiddels vir die renstelle verskaf het.”
WMK beplan 'n tweede klubbyeenkoms vir 2020 en sal die datum binnekort bekendmaak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie