Rust wu00e9u00e9r borgtog geweier
Rust wu00e9u00e9r borgtog geweier

Rust wéér borgtog geweier

Jacqueline Louw
Jacqueline Louw – Die borgtogaansoek in die saak van mnr. Kai Rust wat aangekla is van moord na die dood van ’n vermeende stroper, is gister weer eens deur landdros Masule Kwizi in die Okahandja-landdroshof geweier.

In die derde borgtogaansoek in hierdie saak het Rust se regsverteenwoordiger, mnr. Jan Wessels, aangevoer dat Rust op mediese gronde borgtog behoort te kry omdat Rust gesondheidsprobleme in aanhouding ontwikkel het. Die feit dat Rust se bejaarde vader nie alleen die plaas kan behartig nie, was ’n verdere pleit in sy borgtogaansoek.

Kwizi het na oorweging van ’n verdere mediese verslag wat op 14 Oktober deur hom aangevra is, beslis dat Rust nie ongesteld genoeg is om sy vrylating op borgtog te regverdig nie. Intussen bly Rust in aanhouding in die hospitaalafdeling van die gevangenis.

Rust (44) is steeds in aanhouding nadat hy op 27 Januarie vanjaar in verband met die dood van ’n vermeende wildstroper, mnr. Andreas Ukandanga, in hegtenis geneem is.

Me. Kaundi Nangombe tree namens die staat op.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!