Ryan Nyambe sluit aan vir Kongo-stryd
Ryan Nyambe sluit aan vir Kongo-stryd

Ryan Nyambe sluit aan vir Kongo-stryd

Sokker
Die Tafel Lager Brave ­Warriors bly optimisties oor hul kanse om tweede in kwalifiserende groep H van die 2022 FIFA Wêreldbeker te eindig, in die aanloop tot vandag se wegwedstryd (afskoptyd 18:00) teen Kongo in Brazzaville.

Die twee spanne se eerste ontmoeting in Soweto het met 1-1 gelykop geëindig – met Charles Hambira die gelukkige en ongelukkige speler wat aan beide kante van die spel 'n doel aangeteken het.

Afrigter Bobby Samaria sê die wedloop vir die tweede posisie is voluit aan die gang.

“Ons het reeds een keer teen hulle gespeel en die twee spanne het mekaar al dopgehou; ons verwag dus weer 'n baie taai stryd,” het Samaria gesê.

Die afrigter het sy groep tot 26 gesnoei met die weglating van die doelwagter Mbemutjiua Mata van Young African, terwyl Riaan Hanamub en Virgil Vries ook afwesig is.

“Riaan het papierwerk wat met sy klub uitgeklaar moet word, terwyl die uitslag van Virgil se skandering eers laat ontvang is; dis hoekom dié twee ­uitgelaat is. Maar ek het 26 spelers wat volkome in staat is om die taak suksesvol te verrig.”

Een van dié wat aangesluit het, is Ryan Nyambe van die Engelse klub Blackburn Rovers en die afrigter is bly om hom terug te hê. “Ryan bly maar net 'n speler wat 'n ander element na die span bring.

“Sover het ons op 'n astrobaan geoefen, wat vir die beroepspelers nie maklik is nie, omdat hulle aan natuurlike gras gewoond is. Maar ons gaan voort en sal op wedstryddag ons beste gee,” het Samaria beloof.

Die Namibiese spelersgroep:

Doelwagters: Calvin Spiegel, Kamaijanda Ndisiro, Loydt Kazapua.

Verdedigers: Ryan Nyambe, Ivan Kamberipa, Larry Horaeb, Kennedy Amutenya, Lubeni Haukongo, Riddick Gariseb, Aprocius Petrus, Charles Hambira.

Middelveldspelers: Immanuel Heita, Denzil Haoseb, Dynamo Fredericks, Alfeus Handura, Deon Hotto, Absalom Iimbondi, Wesley Katjiteo, Wendell Rudath, Marcel Papama, Prins Tjiueza, Obrey Amseb, Willy Stephanus.

Voorspelers: Elmo Kambindu, Peter Shalulile, Joslin Kamatuka.

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!