Rybewys-agterstand onder die loep
Rybewys-agterstand onder die loep

Rybewys-agterstand onder die loep

Augetto Graig
Augetto Graig – Volgens die Paaieowerheid (RA) het die wêreldwye uitbreking van Covid-19 die tot die agterstand gelei van 3 500 rybewyse wat nog gedruk moet word.

“Die vertraging is weens Covid-19. As gevolg van inperkings vervaardig die verskaffers van die rou materiaal in die Verenigde Koninkryk net die helfde van hul kapasiteit en dit vertraag die aflewering,” sê die RA se woordvoerder, me. Hileni Fillemon.

Volgens haar word die situasie vererger deur die herontwerpte Namibiese rybewys en die gepaardgaande sekuriteitskenmerke.

“Die Paaieowerheid werk oortyd en druk die afgelope vier maande nuwe kaarte. Tot nou het ons reeds 50 000 dringende bestellings voltooi en ons wag nou op die volgende verskeping van 50 000 kaarte wat teen die einde Junie verwag word,” voeg sy by.

Volgens Fillemon is tydelike rybewyse tot 18 maande geldig en onder gewone omstandighede sou dit tussen 14 en 45 dae neem om ’n rybewys uit te reik. Sy sê NaTIS se telefoonlyne bly besig, maar word beantwoord en dat die RA gereeld inligting op hul sosialemediaplatforms deel. Sy moedig kliente aan om 061 284 7777 te skakel om oor vordering met die druk van hul rybewyse navraag te doen.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!