Ryers verdien punte vir skool

Bergfietsry
Koel, reënerige toestande het die 151 deelnemers aan die derde FNB Skoleliga vir bergfietsry laas Vrydag by die Waldorf-skool in Avis begroet, waarin ryers van 17 skole meegeding het.

Ryers in die onder 6 en o.8 ouderdomsklasse het baanrondes binne die skoolterrein voltoooi, terwyl die ouer groepe se langer roete ook ’n ligte tegniese klimgedeelte, ’n afdraand in ’n droë rivierbedding, en nog ’n paar draaie terug na die skooltereein bevat het.

’n Hoogtepunt van die namiddag vir vele jongelinge was die seldsame ervaring van ’n trein wat verbygery het. Die vriendelike fluit van die treindrywer het talle ryers aangemoedig om die pas te versnel terwyl die trein verbygesnel het.

Die FNB Skoleliga se volgende byeenkoms sal eers in die tweede skooltermyn wees, naamlik op Vrydag 7 Junie met St. George as die aanbieders.

Die voorste uitslae van die afgelope naweek:

Seuns o.6: 1 Ivor Chase (St. George), 2 Joshua Le Riche (Whk Gim), 3 David Jackman (St. George).

Meisies o.6: 1 Skylar Swanepoel (DHPS), 2 Jubilee Hanstein (St. George), 3 Nina Strohmenger (WAP).

Seuns o.8: 1 Johan-Albert Vorster (Whk Gim), 2 Joss Zondagh (St. George), 3 Max Heigan (Whk Gim).

Meisies o.8: 1 Bea von Solms (Whk Gim), 2 Danika de Beer (WAP), 3 Lisa Maartens (DHPS).

Seuns o.10: 1 Micah Chase (St. George), 2 Henry Chamberlain (St. Paul), 3 Franjo Steenkamp (Whk Gim).

Meisies o.10: 1 Elriné von Solms (Whk Gim), 2 Anne Cramer (DHPS), 3 Chloé Dickerson (Whk Gim).

Seuns o.12: 1 Nathan Chase (St. George), 2 Russel Fick (St Paul), 3 Dieter Setzkorn (St Paul).

Meisies o.12: 1 Carmi Pauw (Whk Gim), 2 Kylie Dickerson (Whk Gim), 3 Hana Jackman (St George).

Seuns o.14: 1 Daniel Hahn (St Paul), 2 Adrian Key (DSW), 3 Rico Steinfurth (DHPS).

Meisies o.14: 1 Ada Kahl (WAP), 2 Catherine Brandt (Whk Gim), 3 Syrah Chamberlain (St. Paul).

Seuns o.16: 1 Justin Vosloo (Paul Roos), 2 Ethan L’estrange (St George), 3 Corné Prinsloo (Whk Gim).

Meisies o.16: 1 Fiona Vorster (Whk Gim), 2 Rooney Stewe (Dagbreek), 3 Lené du Plessis (Whk Gim).

Seuns o.18: 1 Dieter Koen (St. Paul), 2 Julian Nel (PSS), 3 Benjamin Coury (St. Paul).

Meisies o.18: 1. Ashanti Auchas (Compratum Trust), 2 Olivia Shililifa (PAY).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!