Rykes se vertroue val verste in 1ste kwartaal
Rykes se vertroue val verste in 1ste kwartaal

Rykes se vertroue val verste in 1ste kwartaal

Verbruikersvertroue in die buurland was verlede jaar danksy “Ramaforie” in die eerste kwartaal op ’n rekord van 26 indekspunte.
Nellie Brand-Jonker – Ryker verbruikers in Suid-Afrika se vertroue het in die eerste kwartaal van die jaar die verste geval en dit voorspel niks goeds vir winkelgroepe nie.

FNB en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se peiling oor verbruikersvertroue toon in die eerste kwartaal het verbruikers se vertroue in die geheel tot byna nul geval. Die indeks wat uit die peiling saamgestel word, staan nou op ’n punt van 2 nadat dit met 5 punte geval het.

Verbruikersvertroue was verlede jaar in die eerste kwartaal op ’n rekord van 26 indekspunte in wat toegeskryf is aan “Ramaforie” nadat Cyril Ramaphosa president geword het.

Volgens Mamello Matikinca-Ngwenya, hoofekonoom van FNB, toon ’n punt van 2 dat verbruikers nie optimisties of pessimisties is oor die vooruitsig vir die ekonomie en hul huishoudelike geldsake nie.

Dit is die eerste keer in meer as ’n jaar dat verbruikers nie verwag dat die ekonomie in die komende 12 maande gaan verbeter nie. Daarteenoor het hulle verlede jaar heeljaar geglo die ekonomie gaan verbeter.

Matikinca-Ngwenya het die val in die eerste kwartaal aan ’n wesenlike daling in dié onderafdeling van die peiling toegeskryf. Die onderafdeling het tot nul geval van 14 punte in die vierde kwartaal van 2018. In die ooreenstemmende kwartaal ’n jaar gelede was dit 34 punte.

Volgens haar is die meeste Suid-Afrikaners nou pessimisties oor die vooruitsig vir die ekonomie.

“Daar bestaan geen twyfel dat die skok van die fase 4-beurtkrag wat Eskom tussen Februarie en Maart ingestel het, ’n baie negatiewe uitwerking op die Suid-Afrikaanse ekonomie gehad het nie.”

Sy meen dit is glad nie verrassend nie dat verbruikers meer bekommerd is oor die ekonomiese vooruitsigte.

Ander moontlike bydraende faktore, sluit in die stakings, verswakking in die rand, skerp brandstofprysstygings en die styging in persoonlike belasting wat in Februarie aangekondig is.

Rykes val ver

Die ergste val in verbruikersvertroue is onder rykes gemeet.

Hoërinkomstegroepe (mense wat meer as R14 000 per maand verdien) se vertroue het met 13 punte tot 3 geval.

Dit is steeds beter as die 2 van middelinkomstegroepe (wat tussen R3 000 en R14 000 verdien).

Boonop is dit baie beter as die armstes in die land (wat minder as R3 000 per maand verdien) s’n van -9.

“Gegewe die oneweredige koopkrag van die hoërinkomstegroepe, is die wesenlike agteruitgang in hul vertroue nie goed vir die sukkelende kleinhandelsektor nie.”

Die waarde van kleinhandelverkope het met net 3% jaar tot jaar gestyg tussen Oktober 2018 en Januarie 2019 – die stadigste sedert die resessie van 2009.

“Terwyl die verkope van duursame goedere soos meubels en huishoudelike toerusting van die beste in 2018 was, gaan dit waarskynlik vanjaar verlangsaam.

“Wanneer verbruikersbesteding laag is, stel verbruikers groot aankope uit en verminder hul besteding op nienoodsaaklikhede.”

Sy meen die daling in nuwemotorverkope teen 8,6% jaar tot jaar in die eerste kwartaal dui reeds daarop dat die verbruikersgroep rem aanslaan met duursame goedere. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!