Só daal kliënte wat Standard Bank SA-takke besoek
Hanlie Stadler – Die aantal transaksies wat Standard Bank-kliënte by ’n banktak doen, het in die ses maande tot einde Junie met 13% gedaal.
Die benutting van digitale bankdienste – hoofsaaklik internet- en app-bankdienste – het met 6% gestyg. Hiervan was die skerpste styging dié van mobiele bankdienste, met ’n 47%-styging in die waarde van transaksies (tot R173 miljard) wat op die bankgroep se app gedoen word.
Die bank het nou 1,8 miljoen mense wat die Standard Bank-app aktief gebruik, ’n styging van 55% teenoor verlede jaar.
Deur Instant Money is 12,6 miljoen geldoorplasings in die ses maande gedoen, ’n styging van 20% in volume, terwyl die waarde van die transaksies met 27% tot R9,3 miljard gestyg het.
Dis die eerste keer dat Standard Bank in syfers uitstippel presies hoe kliënte se interaksie met die bank verander sedert die bank in Maart aangekondig het hy gaan banktakke op groot skaal landwyd sluit.
In Junie is aangekondig 104 takke sluit, met tot 2 000 mense wat hul werk verloor het of uiteindelik gaan verloor. Altesame 98 van dié takke was reeds teen einde Junie gesluit.
Standard Bank het in Maart gesê hy “is besig om sy kleinhandel- en sakebankmodel vanweë die veranderende behoeftes van kliënte te hersien te midde van die vinnige aanvaarding van digitale bankprodukte en -dienste.
“Die verandering in kliënte se gedrag beteken dat ons kliënte ons takke minder gebruik.”
In syfers
Die syfers is vir die hele Standard Bank-groep en is vir die eerste helfte van 2019 vergeleke met die ooreenstemmende tyd van 2018:
· Inkomste styg met 7% tot R54,3 miljard
· Wesensverdienste styg met 6% tot R13,361 miljard
· Wesensverdienste per aandeel styg met 5% tot 837c
· Tussentydse dividend van 454c is verklaar, 6% meer as in 2018
· Kapitaaltoereikendheidskoers (CET 1) styg tot 14% (2018: 13,8%)
· Netto batewaarde per aandeel styg met 8% tot R105,11c
Standard Bank self het die oorgang na digitale dienste versnel deur dit moontlik te maak om sekere transaksies wat voorheen slegs in takke gedoen kon word, ook aanlyn te doen.
Só kan kliënte nou al geruime tyd op die app of internet hul maandelikse limiet vir elektroniese betalings verander. Dit het dié soort transaksies in banktakke met 66% laat daal.
Kliënte kan nou ook gestempelde bankstate vir tot ses maande en amptelike bevestiging van hul bankrekening kry sonder om ’n tak te besoek. Banke se navrae oor state het met 67% gedaal.
Die feit dat kliënte debietorders nou aanlyn kan omkeer, het dié navrae in takke met 97% laat daal.
Die syfers oor die styging in digitale bankdienste is deel van Standard Bank se voorlegging oor sy tussentydse resultate vir die ses maande tot einde Junie.
Standard Bank, die land se grootste bank volgens batewaarde, was die tweede bank wat sy halfjaarsyfers uitgereik het nadat Nedbank syne Dinsdag uitgereik het. Absa volg volgende Dinsdag. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie