Só daal prys van sanitêre doekies in SA
Dit bly egter moontlik om tampons goedkoper as sanitêre doekies aan te skaf.
Hanlie Stadler – Sanitêre doekies in die buurland het inderdaad goedkoper geword sedert dit in April vrygestel is van belasting op toegevoegde waarde (BTW).
Om die waarheid te sê, dié produkte is nou gemiddeld aansienlik goedkoper as wat net die BTW-bonus sou vereis.
Einde Januarie – toe BTW van 15% nog op sanitêre doekies gegeld het – het die prys van een doekie gewissel van R1,45 tot R3,71.
Die afgelope week het die produkte gewissel van so min as R0,87 tot R3,23. Dit beteken die goedkoopste doekies is nou 40% goedkoper en die duurstes 13% goedkoper.
Die mediaanprys – dus die tipiese prys van ’n sanitêre doekie – was in Januarie R2,35. Dit is nou R2,04 – ’n daling van 12,8%.
Netwerk24 het die pryse per item uitgewerk omdat pakgroottes en spesifikasies (soos dikte) aansienlik wissel.
Benewens die afskaffing van BTW op sanitêre doekies, sou faktore soos die waarde van die rand ’n impak gehad het op die invoerkoste van sanitêre doekies of hul materiale, asook stygings in insetkoste wat verskaffers aan kleinhandelaars deurgee. Dié faktore het eintlik teen verbruikers getel: Die rand het met 5,8% teenoor die dollar verswak en inflasie beloop tans 4,5%.
Nietemin wil dit voorkom asof vroue wel gewen het uit die tesourie se besluit om sanitêre doekies van BTW vry te stel.
Daar is egter steeds ’n kinkel in die kabel: Dit bly moontlik om tampons goedkoper te bekom as sanitêre doekies. Tampons se pryse wissel van R1,19 tot R3,17, met ’n mediaanprys van R1,83 (teenoor R2,03 vir ’n sanitêre doekie).
Tampons is ook nié van BTW vrygestel nie.
Wat is vrygestel van BTW?
Ingevolge die bindende algemene beslissing 49, wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens op 15 Maart uitgereik het, word die volgende produkte van BTW vrygestel:
· Alle soorte menstruele doekies (ongeag of dit vlerkies het of nié en watter benaming dit het, byvoorbeeld vir ligte, medium- of swaar vloei, mini, super, sport of oornag).
· Kraamverwante doekies wat bedoel is vir voor- of nageboortelike bloeding.
· Voeringdoekies (panty liners).
Wat is nié vrygestel van BTW nie?
· Tampons (alle soorte)
· Menstruele kelkies (menstrual cups)
· Sanitêre veelappies
· Lekbestande onderklere
· Babadoeke
· Doeke vir volwassenes met inkontinensie
Kagiso Nonyane, ’n vennoot by die regsfirma Webber Wentzel, sê die tesourie se posisie oor wat vrygespreek is, is “teleurstellend” en nie rasioneel nie.
“Die onderskeid skep ’n onbillike nadeel in ’n mark van pryssensitiewe verbruikers. Menstruele kelkies word byvoorbeeld grootliks in armer gemeenskappe gebruik aangesien dit die voordeel het dat dit langer hou en herbruikbaar is.”
In arm gemeenskappe bly meisies dikwels uit die skool uit omdat hulle nie sanitêre produkte kan bekostig nie.
Die tesourie het bereken dat hy R111 miljoen se inkomste per jaar sal verloor weens die vrystelling van sanitêre doekies van BTW. Armes sal R53 miljoen hierdeur kan spaar.
Die komitee onder leiding van prof. Ingrid Woolard wat voorgestel het dat sanitêre doekies vrygestel word van BTW, het verlede jaar eintlik ses dinge geoormerk vir vrystelling, naamlik sanitêre doekies, alle brood- en koekmeel, doeke vir babas én volwassenes, skoolklere en witbrood (bruinbrood was reeds vrygestel).
Die tesourie het besluit om net sanitêre doekies en brood- en koekmeel vry te stel.
Chris Axelson, die tesourie se direkteur van persoonlike inkomstebelasting en besparing, het einde 2018 gesê die staat kan nie bekostig om al ses vry te stel nie: “Hoe meer items van BTW vrygestel word, hoe meer staatsinkomste word verloor. Om dié geld te herwin, sou ons die BTW-koers verder moes verhoog.”
In 2016 is R5,3 miljard se weggooidoeke vir babas verkoop. As BTW opgehef is, sou die staat R795 miljoen aan belastinginkomste verloor het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie