Só gaan ons opstaan ná Digital Vibes se knou – Phaahla
'n Jaar nadat vrae geopper is of 'n voorgetrekte besigheid die gesondheidsdepartement inloop vir sy werk, kan dissiplinêre optrede uiteindelik begin.
Llewellyn Prince
Tugverhore van alle geïmpliseerde staatsamptenare by die Digital Vibes-tender sal so spoedig moontlik voltooi word omdat dié skandaal die departement van gesondheid se beeld en geloofwaardigheid erg aangetas het.
Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, en dr. Nicolas Crisp, waarnemende direkteur-generaal van die departement, het dít Vrydagaand aan LP's in die parlement belowe.
Phaahla, dr. Sibongiseni Dhlomo, adjunkminister, en die departement moes op 'n spesiale sitting voor die portefeuljekomitee oor gesondheid verslag doen oor hoe hulle die aanbevelings van die verslag van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), wat pres. Cyril Ramaphosa Woensdag uitgereik het, sal implementeer.
Dít veral omdat van die betrokke ses topamptenare wat Donderdag hangende die afhandeling van die beoogde tugprosesse geskors is, strategiese posisies beklee wat die kapasiteit van die departement te midde van die Covid-19-pandemie 'n hewige knou toegedien het.
Phaahla het gesê daar is reeds begin om amptenare in die departement rond te skuif in die geraakte posisies om die departement se topstruktuur intussen te herstel.
Crisp het bygevoeg ná die skade wat die departement gely het weens die skandaal, “sal ons alles moontlik doen om ons geloofwaardigheid te herstel” deur deurlopend oor die tugprosesse met LP's en die publiek te kommunikeer.
Hy sê drie tugondersoekers en 'n voorsitter vir die tugkomitee is reeds aangestel.
“Hulle het Donderdag reeds die voorlopige klagstate teen die geïmpliseerdes aan my oorhandig. Hulle wil ook eers bykomende inligting van sowel die SOE en verkrygingspesialiste bekom voordat hulle die klagte finaal sal formuleer.
“Ons hoop dat hulle dit in die komende week kan afhandel.”
Volgens hom is daar 'n voorgeskrewe proses vir tugverhore en moet die klagte ook eers aan die betrokkenes voorgelê word. Hulle moet 'n billike tyd gegun word om hulle daarteen te kan verdediging. “Ons sal daarvan hou om die tugproses voor einde Oktober af te handel.”
Hy het bygevoeg dat hy teen Maandag ook briewe aan drie ander staatsdepartemente sal stuur om hulle te vra om tugstappe teen drie ander voormalige amptenare van die departement van gesondheid wat ook geïmpliseer word en tans daar werk, in te stel.
Phaahla het saamgestem dat die prosesse so spoedig moontlik, maar binne die bepalings van die arbeidswette afgehandel moet word.
Die amptenare is weens die wetsraamwerk met volle salaris geskors.
Op 'n vraag op wat met dr. Zweli Mkhize, voormalige minister, gaan gebeur weens sy aandeel in die Digital Vibes-skandaal van R150 miljoen, het Phaahla gesê daar is gewoonlik politieke en strafregtelike gevolge vir ministers. “Ons weet die voormalige minister het op politieke vlak 'n besluit geneem en bedank.
“Wat oorbly is buite ons hande. Dit hang nou af of die SOE sy en die ander se gevalle na die nasionale vervolgingsgesag verwys het en of die vervolgingsowerhede meen dat hy verantwoordbaar vir sy rol aan die wetstoepassingskant sal wees.”
Die Valke het Donderdag aangedui dat hulle alle geïmpliseerdes reeds sedert Mei strafregtelik ondersoek.
Phaahla het bygevoeg daar is geen rede waarom hy weens die skandaal moet bedank nie. Dit kom nadat 'n LP hom uitgevra het oor sy rol in die skandaal omdat hy in daardie stadium adjunkminister van gesondheid was.
Volgens Phaahla moet enigiemand met bewyse teen hom die SOE daarmee nader.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie