Su00f3 het KPMG, McKinsey se reputasie geduik
Su00f3 het KPMG, McKinsey se reputasie geduik

Só het KPMG, McKinsey se reputasie geduik

Tonya Khoury – ’n Hele paar handelsname het die afgelope paar jaar erge skade aan hul reputasie gely.

Dink maar aan Dove se “rassistiese” advertensie en die Spur-debakel.

Dis nie net maatskappye wat deurloop nie, maar ook individue. Kyk maar net na wat die afgelope tyd gebeur toe Helen Zille en Fikile Mbalula uitlatings op Twitter gemaak het en erge skade aan hul partye se reputasies veroorsaak het.

KPMG en McKinsey is waarskynlik die twee grootste maatskappye wat die afgelope jaar met dié probleem gesukkel het nadat hul verbintenis met die omstrede Gupta-familie op die lappe gekom het.

Die vraag is nou: Hoe behartig jy só ’n krisis?

Kenners meen ongeag die omvang van die krisis is dit steeds moontlik om ’n handelsnaam te herstel. Dit hang egter af van óf die regte stappe geneem word of nie.

KPMG en McKinsey het dit egter albei verkeerd hanteer en sosiale media het dit uitgebuit.

Die krisisse is deur tradisionele media gepubliseer, maar dit was sosiale media wat die grootste invloed gehad het en die grootste skade aan hul reputasie veroorsaak het.

Sosiale media wys wat mense dink en nie wat polities korrek is of selfs die feite is nie.

Hierdie skade aan ’n reputasie kan meebring dat die verbruiker sy verkoopspatrone verander. Dit kan ook ’n invloed op die korporatiewe wêreld hê, soos wat blyk die geval is met KPMG en McKinsey waar verskeie maatskappye hul van dié twee gedistansieer het, juis omdat gebeure soveel aandag geniet het.

Luidens navorsing deur Acumen Media het KPMG die afgelope jaar in die algemeen baie meer publisiteit as McKinsey gekry.

Die studie wys egter albei het ongeveer dieselfde hoeveelheid negatiewe publisiteit gegenereer.

Hoewel McKinsey dus minder publisiteit beleef het, was dit in die algemeen baie negatiewer.

Media, en veral sosiale media, is ’n kragtige instrument wat ’n handelsnaam blitsig kan versterk of vernietig.

Die onvermoë of onwilligheid om betyds enige negatiewe kommentaar en indrukke te hanteer, soos wat die geval met KPMG en McKinsey was, kan onherstelbare skade aan ’n handelsnaam bring. Dit kan selfs tot sy ondergang ly.

· Tonya Khoury is een van die stigters van Acumen Media.

– Fin24, verkort

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!