Só het SA staatskuld oor 10 jaar gestyg
Suid-Afrika se staatskuld is besig om die hoogte in te skiet, en Netwerk24 kyk hoe sake oor die afgelope tien jaar agteruitgeboer het.
William Horne - Tito Mboweni, minister van finansies, het gister sy tweede begrotingsrede gelewer – waarna as die belangrikste begroting van die demokratiese Suid-Afrika verwys word.
Dit wentel hoofsaaklik om die stand van die staatskas en hoe die staat teen ’n versnelde pas skuld aangaan om die al groter wordende begrotingstekort te probeer hanteer.
Sedert 2009 het die staatskuld met 318% toegeneem en in Desember op R3 156 miljard te staan gekom.
Die tesourie het in Augustus verlede jaar aangekondig dat hy die aantal staatseffekte wat hy uitreik, skerp verhoog omdat Jan Taks die sewende opeenvolgende jaar nie sy belastingteiken sou haal nie.
Die weeklikse teiken vir uitgereikte staatseffekte met vaste rentekoerse het toe met 37% van R3,3 miljard tot R4,5 miljard toeneem. Boonop het die uitreiking van staatseffekte wat aan inflasie gekoppel is, ook met 37% tot R760 miljoen per week gestyg.
EUROPESE EFFEKTEMARKTE
In die gespartel om miljarde te leen het die regering ook rekordbedrae op die Europese effektemarkte begin leen waar hy gewoonlik hoofsaaklik skuld in rand-denominasies aangegaan het.
Die gemiddelde groeikoers van die staat se skuld sedert 2009 is 15,5%, maar sedert 2017 het die pas van lenings alreeds noemenswaardig begin toeneem.
Staatskuld het in 2019 weens die groei in staatsbesteding met 14,18% teenoor 2018 gestyg terwyl belastinginvordering nie daarmee pas kon hou nie.
Die Reserwebank, Wêreldbank en Internasionale Monetêre Fonds verwag ook nou groei vir SA van slegs 0,4% in 2019 wanneer die finale syfers bekend gemaak word.
Moody’s Investors Service, die laaste groot kredietgradeerder om Suid-Afrika nog op beleggingsgraad te waardeer, verwag egter slegs 0,3%-groei in SA se BBP vir 2019.
KREDIETGRADERING
Moody’s se dreigende hersiening van Suid-Afrika se kredietgradering in Maart tot rommelstatus hang grootliks af van die land se vermoë om sy skuld te delg, maar die meeste ontleders verwag nou dat rommelstatus onafwendbaar is.
In Mboweni se mediumtermynbegrotingsraamwerk in Oktober het die tesourie erken dat die rente op die staat se skuld nou die derde grootste uitgawe op die begroting is.
’n Totaal van R769 miljard sal net aan rente bestee word oor die volgende drie jaar, het Mboweni gesê. Dit is meer as aan die polisie, weermag of die departement van ekonomiese ontwikkeling, en is ook die snelgroeiendste uitgawe van die staat.
Die tesourie verwag dus dat die skuld-tot-BBP-verhouding teen die 2028-boekjaar tot die rampspoedige vlak van 80,9% sal styg.
Volgens Trading Economics se ranglys was daar in Desember 2018 net 26 lande met skuld-tot-BBP van hoër as 80,9%, en die meeste van dié was midde ernstige finansiële onstuimigheid vasgevang. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie