Só kan boere plan maak teen klimaatkrisis
Volgens ’n kenner moet nuwe soorte gewasse aangeplant word om boere teen klimaatsverandering te beskerm en by die verbruiker se behoeftes aan te pas.
Carli Breed – In ’n droër klimaat weens die klimaatkrisis moet boere meer gewasse aanplant wat droogtebestand is én hulle by die nuwe eetgewoontes van die verbruiker aanpas.
Só het Matome Ramokgopa, hoofbestuurder van Enza Zaden Suid-Afrika, ’n Nederlandse groentesaadverskaffer, in Januarie op ’n simposium aan die Universiteit van die Vrystaat oor die beginsels en praktyke van grondvrugbaarheid en gewasvoeding gesê. Dit sluit in miniatuur-komkommers, saadlose waatlemoene en kersietamaties.
Ramokgopa het die impak van uiterste klimaattoestande en veranderende verbruikerstendense benadruk.
“Nuwe soorte gewasse en nuwe kultivars moet aangeplant word om die boere teen klimaatsverandering te beskerm en om by die verbruiker se behoeftes aan te pas.”
Prof. Klaus Kellner van die skool vir biologiese wetenskappe en die eenheid vir omgewingswetenskappe en bestuur aan die Noordwes-Universiteit het onder meer uitgebrei oor die klimaatkrisis, grond-agteruitgang, woestynvorming, rehabilitasie-ekologie en volhoubare grondbestuurspraktyke in droogte- en minder droë gebiede.
“Grondherstel is die bekostigbaarste en doeltreffendste oplossing om water te bespaar en die impak van droogte en verlies aan biodiversiteit teen te werk.”
Prof. Vaughan Hattingh, uitvoerende hoof van Sitrusnavorsing Internasionaal (CRI), verbonde aan die Universiteit Stellenbosch, het gepraat oor ’n geïntegreerde plaag-en-siektebestuurstrategie vir die Suider-Afrikaanse sitrusbedryf.
Volgens Hattingh kan kernvennootskappe en strategiese samewerking met universiteite help om navorsings- en ontwikkelingsgapings in die bedryf te identifiseer wat die uitwerking van klimaatsverandering kan teenwerk. “Volhoubare produksie en voedselsekerheid kan sodoende onderhou word.”
Studente van universiteite landwyd het die simposium bygewoon en hul navorsingsprojekte is hier ten toon gestel. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie