Só knou handelsoorlog SA landbou, handel
Dis nie net China en die VSA wat deurloop onder invoertariewe nie.
Deur Vida Booysen – Toe die VSA op 6 Julie ’n invoertarief van 25% op Chinese ingevoerde produkte ter waarde van $34 miljard gehef het, het hy die sneller getrek vir wat China as die “grootste handelsoorlog in die ekonomiese geskiedenis” bestempel.
China het onmiddellik teruggekap met tariewe op sojabone, vleis en voertuie uit die VSA.
Dis egter nie net China en die VSA wat deurloop nie, die kruitdampe trek verder.
“Amerika verhoog sy invoertariewe eensydig teen verskeie lande, soos op staal en aluminium uit Suid-Afrika, voertuie uit die Europese Unie en ’n wye verskeidenheid produkte uit China,” sê prof. Johan Willemse, landbou-ekonoom van Agrimark Consultants en ’n vorige wenner van Sake se Ekonoom van die Jaar-kompetisie.
Selfs olyfolie uit Spanje is nou onderworpe aan ’n invoertarief van 20% in die VSA en daar is vrese dat Franse kaas en Italiaanse wyn volgende sal deurloop.
“Die potensiële negatiewe impak op handelsvloei en bedrywe wêreldwyd is taamlik ernstig en die ontwrigtings kan inflasie opjaag en selfs die wêreld in ’n resessie dompel,” waarsku Willemse.
Hy sê Suid-Afrika moet die potensieel negatiewe en onvoorsiene impak nie onderskat nie.
“Ek verwag dat baie bedrywe en ondernemings in Suid-Afrika baie swaar kan kry en selfs gaan ophou produseer.”
Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en -bemarking van FNB, sê die handelsoorlog is ’n tweesnydende swaard.
“Die grootste negatiewe impak is op ons wisselkoers, met ’n rand wat baie wisselvallig is of verswak weens dollarsterkte.”
Hoewel ’n swakker rand goed is vir Suid-Afrikaanse landbou-uitvoer, stoot dit die prys van ingevoerde produkte soos landboumasjinerie of kunsmis op.
Maree waarsku dat die VSA nou met ’n groot oorskot sojabone sit wat hy weens die stywe invoertariewe nie meer na China toe kan uitvoer nie.
“Die oorskot druk die internasionale sojaprys af en dit veroorsaak dat Suid-Afrika se eie sojaboonpryse ook daal.”
Suid-Afrika is meestal ’n netto invoerder van veral oliekoek en sojameel, omdat die land se perse nog nie aan die binnelandse vraag kan voldoen nie.
“Ons eie sojaproduksie is te klein om byvoorbeeld ’n noemenswaardige hoeveelheid sojabone na China uit te voer, so ons gaan nie noodwendig voordeel trek uit die gaping wat die VSA laat nie.”
Willemse waarsku ook dat Amerika se eensydige handelsoptrede alle lande na proteksionisme terugdwing.
“In Suid-Afrika moet ons vroegtydig aandring op ons eie beskermingsmaatreëls, hoewel dit teen die WHO se reëls en markbeginsels indruis. Maar dié reëls help nie as een van die grootste rolspelers in wêreldhandel dit eensydig verbreek tot nadeel van veral kleiner rolspelers nie.”
Daar is baie produkte uit China en Amerika wat nou nuwe markte moet vind.
“Afrika was in die verlede ’n goeie mark om ontslae te raak van sulke produkte – wat tot groot ontwrigting lei en produksie in die invoerland vernietig, tensy baie vinnig opgetree word teen die betrokke invoer.”– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie