Su00f3 knou listeriose Tiger Brands se wins
Su00f3 knou listeriose Tiger Brands se wins

Só knou listeriose Tiger Brands se wins

Die poloniefabriek in Limpopo is steeds gesluit, terwyl skoonmaakwerk en ondersoeke voortduur.
Hanlie Stadler - Tiger Brands se wins is erg geknou deur die listeriose-­epidemie wat Suid-Afrikaners se smaak vir polonie en Weense worsies laat taan het.

Die kosprodusent kondig op Sens aan sy verdienste en wesensverdienste per aandeel gaan met tussen 22% en 37% laer wees. Dis vir die halfjaar tot einde September, vergeleke met dieselfde ses maande van 2017.

Drie van Tiger Brands se ­aanlegte is sedert vroeg vanjaar gesluit, ook die Enterprise-poloniefabriek in ­Polokwane, Limpopo, wat as die bron van die epidemie geïdentifiseer is. Minstens 204 mense is in Desember verlede jaar aan listeriose dood en nog honderde het siek geword in een van die dodelikste listeriose-­uitbreke ter wêreld.

Die fabriek is steeds gesluit terwyl skoonmaakwerk en ondersoeke voortduur.

Dit kos die maatskappy reeds nagenoeg R356 miljoen om produkte te herroep en tot R50 miljoen per maand terwyl die fabrieke gesluit bly.

Dit sluit nie die regskoste in wat verband hou met 'n groepsgeding wat slagoffers en hul families teen die maatskappy aanhangig gemaak het nie.

Benewens die listeriosekrisis gee Tiger Brands die swak ekonomie die skuld vir die winsdaling. Hy sê ook die verswakking van die rand die afgelope ruk, hoë loonverhogings en skerp stygings in krag- en brandstofkoste speel 'n rol.

Druk op verbruikers maak dit nog vir Tiger Brands moeilik om die stygings in sy koste in hoër pryse deur te gee.

Die maatskappy gaan sy resultate eers op 22 November uitreik, maar genoteerde maatskappye is verplig om die mark so gou as wat hulle daarvan bewus word, in te lig as hul wins met meer as 20% gaan styg of daal.

Die maatskappy het vroeër die week aangekondig twee afsonderlike groepsgedinge is verenig in 'n saak wat die welbekende menseregteprokureur Richard Spoor sal lei. Die proses is aan die gang om 'n groepsgeding te sertifiseer, die eerste stap in so 'n regsproses. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!