S-Korea waarsku oor Noorde
S-Korea waarsku oor Noorde

S-Korea waarsku oor Noorde

Die spanning in die Koreaanse skiereiland is na aan breekpunt, met Suid-Korea wat waarsku die Noorde beplan nog missieltoetse.
NAMPA
Suid-Korea het gister gesê die land is in gesprek met Amerika om vliegdekskepe en strategiese bomwerpers in die Koreaanse skiereiland te ontplooi ná tekens dat Noord-Korea meer missiele in die nadraai van die sesde en mees onlangse kerntoets kan lanseer.

Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies sou gister vergader het om nuwe sanksies teen die geïsoleerde bewind te bespreek. Amerika se pres. Donald Trump het volgens sy hoof van verdediging ook gevra om oor alle beskikbare militêre opsies ingelig te word.

Amptenare sê aktiwiteite in die omgewing van die missiellanseerterreine dui daarop dat Pjongjang meer missieltoetse beplan.

“Ons voorspel dat Noord-Korea ‘n interkontinentale ballistiese missiel (IKBM) kan lanseer,” het Jang Kyoung-soo, die waarnemende adjunkminister van nasionale verdedigingsbeleid in Suid-Korea, gister aan ‘n parlementêre groep gesê.

Suid-Korea se lugmag en weermag het gister oefeninge met langafstand lug-tot-grond- en ballistiese missiele uitgevoer, het die gesamentlike stafhoofde in ‘n verklaring gesê.

Seoel se ministerie van verdediging het gesê vier bykomende lanseerders en ‘n nuwe Amerikaanse missielverdedigingstelsel sal ná die voltooiing van ‘n omgewingsimpakstudie ontplooi word.

Die ontplooiing van die omstrede THAAD-verdedigingstelsel suid van Suid-Korea se hoofstad, Seoel, word sterk deur China en Rusland teengestaan, en is sedert Junie vertraag. – Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!