Só kyk Diergaardt na Valke-stryd

Namibië maak die beste van die situasie en gee kans aan sy jong spelers.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die Valke is 'n stewige rugbyspan, maar gewis nie onoorwinlik nie – selfs die Windhoek Draught Welwitschias, ondanks hul welbekende gesukkel, het twee uit die laaste drie ontmoetings sedert 2017 gewen, al was dit naelskraap.

Môre in die Hage Geingob-stadion sal die Oos-Gautengers egter die volslae gunsteling wees tussen twee spanne wat hul deelname aan die SuperSport-uitdaagreeks op 'n positiewe noot wil afsluit.

Beide kon uit die noordelike groep nie die halfeindronde haal nie – dié voorreg behoort aan die onoorwonne titelhouers die Pumas (30 punte) asook Griekwas (26).

Die Valke se 14 ligapunte (twee gewen uit ses) is verreweg beter as die Namibiese span, wat ses nederlae met 'n gróót punteverskil van minus 309 gely het.

Dit is geen geheim nie dat die Welwitschias vir die derde opeenvolgende week diep in sy reserwekrag moes gaan grawe vir plaasvervangers, terwyl die nasionale span in Uruguay op toer is.

Johan Diergaardt, die waarnemende afrigter in die afwesigheid van Phil Davies, het geen illusies dat sy span die botsing met 'n groot agterstand begin nie.

Diergaardt en sy mede-afrigters Llewellyn Winkler (FNB Western Suburbs) en David Philander (Rehoboth) is egter vasbeslote om ondanks die struikelblokke die geleentheid tot voordeel van Namibiese rugby te benut.

Laas naweek het die Pumas op Nelspruit hul spiere gebult en die Welwitschias met 106-0 oordonder. Die krag en tempo was ooglopend te veel vir die onervare groepie Namibiërs van wie die meeste nog net op klubvlak gespeel het.

In die Namibiese spankeuse vir môre was die hoopvolle verwagting dat 'n stewiger kern van ervare spelers uit klubgeledere betrek sou kon word, maar vanweë beserings en ander omstandighede is die werklikheid opnuut minder gunstig.

Diergaardt-hulle fokus egter daarop om voorkeur aan belowende jong spelers te gee, om te sien of hulle in die druksituasie sodanig reageer dat hulle as vooruitsigte vir die toekoms beskou kan word.

“Daar is 'n stewige lys klubspelers wat genooi was om by ons aan te sluit, maar wat beseer is of ander verpligtinge vir die naweek gehad het, of bloot nie bereid was om 'n groot loesing teen die Pumas te gaan kry nie.

“Ek het nie illusies dat daar op papier beter name kan wees nie, maar bring hulle gerus – die kanse is goed dat ons hulle wel oorweeg het, maar 'n verskoning moes aanhoor.

“Ons speel dus met die spelers wat ons het en wat by die oefenveld aangemeld het.

“Ons gee veel eerder die geleentheid aan jong manne in wie ons potensiaal sien, as in sommige van die ouer garde wat reeds soveel kanse gehad het en dit nie aangegryp het om op provinsiale vlak deur te breek nie.”

Diergaardt sê die twee wedstryDiergaardt sê die twee wedstryde teen die Luiperds en Pumas was sink of swem, maar sedertdien kon darem reeds aandag gegee word om die organisering, verdediging en vaste fasette te begin verbeter.

“In 'n kort tydjie het ons darem reeds gevorder in vergelyking met waar ons begin het.”

Unam se flank Berry Gande, 'n Zimbabwiër, maak sy terugkeer nadat hy vanweë visumvereistes nie na Nelspruit kon reis nie. Hy was twee naweke gelede skaflik teen die Luiperds en handhaaf altyd 'n hoë werktempo.

Rehoboth se woelige haker Jeandre Cloete en senter Hillian Beukes (tevore Namibië o.20) is die twee nuwelinge wat van die bank hul senior provinsiale debuut afwag.

Diergaardt sê die twee jongelinge van Kudus wat laas week teen die Pumas gespeel het, het nie sleg gevaar nie.

“Wilfred Saunderson (stut) het vir Griekwas se o.20's gespeel en is dié seisoen terug op Walvisbaai. Hy lyk na 'n belowende vooruitsig.

“Joshua Jacobs is 'n flank wat by die WP Rugby-instituut was. Hy het hard gewerk teen die Pumas en is fisiek redelik stewig. Ek het hom ook nie geken voordat hy gekies is om by ons oefenveld op te daag nie, maar ek is nie spyt nie – hy was 'n goeie keuse.”

Die Welwitschias:

15 Lorenzo Louis (FNB Unam)

14 Chad Plato (FNB Unam)

13 Jamie Joseph (FNB Wanderers)

12 Milaan van Wyk (FNB Unam)

11 Paulus Hangula (Rehoboth)

9 Jean-Claude Winkler (kaptein, FNB Western Suburbs)

8 Driaan Vorster (Wanderers)

7 Joshua Jacobs (Kudus)

6 Berry Gande (FNB Unam)

5 Rheinhardt Carelse (FNB Unam)

4 Ruan Ludick (FNB Wanderers)

3 Graham April (FNB Unam)

2 Gerhard Thirion (Trustco United)

1 Simon Kanime (FNB Unam)

Reserwes: Jeandre Cloete (Rehoboth), Wilfred Saunderson (Kudus), Enzio Kotzee (Unam), Kami Mieze (Unam), Jay-C Olivier (Unam), Hillian Beukes (Rehoboth), Tuna Amutenya (Wanderers).

• Die Valke is vanjaar onder 'n nuwe hoofafrigter, JP Immelman, wat sy voorganger Rudy Joubert as een van sy mentors tel. Sy filosofie oor aanvallende spel is ook soortgelyk, berig Suparugby, dat daar drie soorte spasie op die rugbyveld is – deur die opponente, weerskante om, of agter.

Valke-span: 15 Juan Nel, 14 Coert Cronjé, 13 Lundi Ralarala, 12 Grant Janke, 11 Rodney Damons, 10 Andries Truter, 9 Johan Pretorius, 8 Wiehan Jacobs, 7 Boela Venter, 6 Thano Mabuza, 5 Andrew Volschenk, 4 Shane Kirkwood (kaptein), 3 Heinrich Roelfse, 2 Jannes Snyman, 1 Luxolo Koza.

Reserwes: Robey Leibrandt, Njabulo Gumede, Friedle Olivier, Martin Sithole, Anrich Richter, Andrew van Wyk, Hardus Pretorius.

Kommentaar

Republikein 2024-09-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067 Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067