Só lekker, dis AquaLekker
Akwaponika is ‘n volhoubare stelsel wat tot tien keer meer per vierkante meter produseer as ‘n konvensionele boerdery, terwyl dit 90% minder water verbruik.
Elvira Hattingh – “Aspirant-akwaponikaboere, doen dit net. ‘n Mens is van nature versigtig om iets nuut aan te pak, maar doen dit net.
“Oor die jare het ek al duisende visse laat doodgaan en tonne en tonne groente weggegooi. Daar is nie ‘n goedkoop of veilige manier om akwaponika aan te pak nie, behalwe om klein te begin.
“Maak foute, leer, verbeter en gaan aan; moet net nie opgee nie.”
Só gesels Aqualekker Aquaponics se Jean Bouwer, wat sowat 18 maande gelede ‘n akwaponika-boerdery op Karibib begin het en nou reeds sy produksie aan verskeie nismarkte en plaaslike verspreiders lewer. Sy produkte spog ook met die Nama-naam ||gam-i Fresh & Lekker, wat “water” beteken.
“Ons het die plaas begin met ‘n hele paar kilogram klein vissies, saad en baie energie.
“Tans het ons digby 10 000 plante in die water wat sowat 30 ton groente per jaar lewer. Soos die mark uitbrei, wil ons nuwe gewasse insit en die uitvoermark begin teiken. Ons wil oor vyf jaar 300 ton groente en vrugte verbou,” sê hy.
AquaLekker se eersteklas-produkte doen hul naam gestand, dat kliënte hulle reeds kontak om hul produkte te bekom. Hulle fokus op nismarkte soos hotelle, restaurante en die hoër-inkomsteklas.
Bouwer sê hulle lewer hul produkte aan verspreiders langs die kus, asook aan Spar-winkels in Windhoek, hotelle en restaurante.
HOEKOM AKWAPONIKA?
Bouwer sê akwaponika word as ‘n volhoubare produksiestelsel beskou wat verskeie voordele vir die omgewing inhou.
“Die grootste voordele van akwaponika is die stelsel help dat jy tot tien keer meer per vierkante meter produseer as wat op konvensionele boerderye in die grond geproduseer kan word. Boonop verbruik jy tot 90% minder water.
“Jy kan gewasse enige tyd van die jaar kweek, in enige weer en enige plek op die planeet.
“In die stelsel word die water hersirkuleer, dus raak droogtes of die droë seisoen nie jou produksie of oes nie. Daar is ook minder peste om te bestry, omdat die plante nie in die grond gekweek word nie. Daar is ook nie onkruid nie.
“Jou plante groei baie vinniger danksy die natuurlik verrykte water wat van die visse af kom, wat voortdurend rondom die plante se wortels gesirkuleer word.
“Vir kommersiële boere besorg akwaponika twee bronne van inkomste, naamlik vis en groente.
“Vir akwaponika-stelsels het jy nie ‘n groot stuk grond of vrugbare grond nodig nie – dit is ewe suksesvol op grond, grys of klipagtige oppervlaktes – wat nie bruikbaar in konvensionele boerderye is nie.”
SO WERK DIT
Bouwer verduidelik akwaponika is die kombinering van ‘n visboerdery asook hidroponika, wat die kweek van plante sonder die gebruik van grond behels.
“Die visse en plante word dan gesamentlik binne ‘n geïntegreerde stelsel gekweek. Die vis se mis is ‘n bron van organiese kos vir die plante, terwyl die plante op die beurt die water vir die visse filtreer,” sê hy.
Bouwer verduidelik die derde kompontent van die stelsel is mikrobes, of bakterieë wat ammoniak uit die vis se mis tot ‘n tipe stikstof omskakel. Dit word dan deur die plante opgeneem.
Soliede afval van die vis word ook as kompos vir die plante gebruik. Die water in die stelsel word oor en oor gebruik en net soms aangevul.
Hy sê ‘n akwaponika-stelsel kan gebruik word vir die produksie van vrugte, groente en kruie op enige plek in die wêreld waar daar sonskyn, vars water, tegnologie en die nodige kennis is.
“Met behulp van akwaponika word vars produkte selfs in die Sahara-woestyn gekweek – een van die droogste plekke ter wêreld. Akwaponika word selfs vir die Mars-sending oorweeg sodat ruimtevaarders voedsame kos kan eet.
AquaLekker sal deur sy kennis en ervaring ook ‘n sukses van akwaponika in Namibië maak,” het hy gesê.
TYD NODIG
“Akwaponika gaan daaroor om die nodige vlakke van voedingstowwe te handhaaf om optimale groei te verseker. Die voedingstowwe word deur kolonies van bakterie in die stelsel se filters geproduseer. Hulle floreer op die ammoniak in die visse se mis, wat weer produseer word deur die visse te voer.
Bouwer verduidelik dat hierdie proses tyd neem. Binne ‘n stelsel so groot soos syne, neem dit sowat ses maande vandat die klein vissies in die stelsel geplaas word totdat die eerste plante “geplant” kan word.
“Soos die klein vissies gewig optel, eet hulle meer en genereer hulle meer mis. Meer mis in die water, lei tot groter kolonies in die stelsel.
“Soos die kolonies groei, word meer ammoniak in die voedingstowwe omskep wat deur die plante benodig word. Dit is eers wanneer die voedingstofvlakke ‘n sekere konsentrasie bereik, of 80 deeltjies per 1 000 liter water, dat blaarslaai in jou stelsel sal groei,” verduidelik hy.
Bouwer sê eke twee jaar word die visse in sy stelsel vervang met nuwe, jong vissies. Dit om die voordele van die groeitempo en eetgewoontes van jonger vissies te benut.
‘N REIS
Bouwer sê hy stap reeds ‘n lang pad met akwaponika en spot dat hy in “dele” daarmee begin het.
“Die reis het eintlik 34 jaar gelede begin toe ek my eerste vis gekry het, asook 20 jaar gelede toe hy droëlandgroente verbou het en 13 jaar terug. Ná ‘n paar biere saam met my vriend op sy plaas is die eerste akwaponika-stelsel, chop en flip, gebou.
Bouwer sê die Covid-19-pandemie het hom as’t ware gedwing om sy akwaponika-stelsel te bou.
“Net voor die eerste inperking van 2020 het ons met die plaas begin. Ons moes al ons materiaal uit ‘n plaaslike hardewarewinkel en koöperasie kry.
“Ons het ‘n plan gemaak en ‘n stelsel begin bou, eers ‘n 6 m-kanaal, toe nog twee 6 m-kanale en nou vier 30 m-kanale,” het hy verduidelik.
Bouwer sê terwyl die visse gegroei en die stelsel ontwikkel het, het hulle verskeie groente en vrugte beproef om te sien waarna daar ‘n vraag is.
“Ons is deur 17 verskillende slaaie, ons het tamaties, rissies, kool, suikerriet, blomkool en verskeie kruie probeer en tussendeur is die regte tegnologie vir die regte gewasse aangebring.”
MAKLIK OF MOEILIK?
Bouwer sê akwaponika is ‘n maklike stelsel as dit eers volwassenheid bereik het. “Dan voer jy net visse en plant plante, maar voor dit kos dit baie energie, uithouvermoë, geld, innovering en kundigheid.
“Daar is soveel veranderlikes wat ‘n rol in jou sukses speel, soos die tipe gewas, die variëteit, die tipe visse, tipe viskos, gereelde watertoetse en wat jy doen ná die resultate. Verder is die daaglikse inspeksie van visse en plante, die klimaat, sonlig, reën, stof, diere, vissiektes, watergehalte en natuurlik die markaanvraag en logistiek ook belangrik, want jy moet jou produkte so vars as moontlik by die mark en eindverbruiker kry.
“Begin met ‘n klein chop en flip-stelsel by die huis en kyk of dit vir ’n jaar lank goed loop.” Hy sê dit is die eenvoudigste manier om te begin.
“Ek weet van twee groot stelsels in Namibië wat gebou is en toe net doodgeloop het. Dit is maklik om te bou, maar daar is dikwels ‘n gebrek aan instandhouding. Ná al die jare leer ek steeds op ‘n daaglikse basis van die stelsel en akwaponika.”
Bouwer sê die beste raad wat hy aan voornemende akwaponika-boere wil gee, is om klein te begin. Hy meen as jy in Namibië ‘n konstante, goeie gehalteproduk teen ‘n bekostigbare prys kan lewer, is dit maklik om ‘n mark te vind.
Hy sê dit is moontlik om lonend met akwaponika te boer, veral in ’n land soos Namibië waar varsprodukte baie duur is.
“Natuurlik hang alles van ‘n ekonomie van skaal af. Ons het net voor die laaste groot inperking in Windhoek in April gelyk gebreek. Toe kom daar weer ‘n inperking en dit, tesame met goedkoop invoere, het beteken ons moes tonne groente weggooi. Dit is die realiteit van ‘n boer. Nou eers weer breek ons gelyk,” het hy gesê.
Hy sê kommersiële akwaponika is duur om te begin en kapitale koste beloop tussen N$60 en N$150 per groeipunt, afhangend van beskikbare tegnologie en omgewingsfaktore.”
Belangstellendes kan ook hul Facebook-blad, Aqualekker Aquaponics besoek. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie