Só lyk beste, swakste aandele van 2016
Beleggers wat aan die einde van 2015 regstreeks in sekere hulpbronaandele belê het, het selfs groter rede om te glimlag.
Hanlie Stadler - Hulpbronmaatskappye was onder die toppresteerders op die JSE in 2016, maar die meeste van die jaar se wenners het nog nie hul vyfjaarhoogtepunte bereik nie.
Die hulpbronindeks as geheel was die JSE-indeks wat die beste gevaar het – dit het vir beleggers ’n totale opbrengs, dus dividende ingesluit, van 33,7% gelewer.
’n Hulpbron-effektetrustfonds, die Coronation Resources Fund, was ook die beste effektetrustfonds van die jaar, met ’n opbrengs van 63,3%.
Beleggers wat aan die einde van 2015 regstreeks in sekere hulpbronaandele belê het, het selfs groter rede om te glimlag.
Kumba Iron Ore se aandeelprys het danksy die styging van byna 80% in die prys van ystererts die hoogte ingeskiet, ’n styging van 285,92%, wat dit die maatskappy maak wat die beste gevaar het selfs voordat dividende in berekening gebring word.
Met die uitsondering van die staalvervaardiger ArcelorMittal Suid-Afrika en Barloworld is die tien aandele wat in 2016 die beste gevaar het, hulpbronmaatskappye wat goed vaar omdat dit lyk asof hulpbronpryse hul onderste draaipunt bereik het.
Uit die tien was daar net twee – Assore en Barloworld – wat oor vyf jaar ’n positiewe opbrengs gelewer het.
South32 het wel ’n positiewe opbrengs van 34,59% sedert sy ontbondeling uit BHP Billiton en sy notering op 18 Mei 2015 gelewer.
Uit die tien aandele wat in 2016 die swakste gevaar het, is vyf eiendomsmaatskappye met groot blootstelling aan Brittanje en nog een, Brait, is ’n beleggingsbeheerfirma waarvan die meeste beleggings in Brittanje lê.
Die vrees dat Brittanje se onttrekking aan die Europese Unie eiendomspryse gaan knou, tesame met die feit dat die rand oor die loop van die jaar teenoor die pond versterk het, het dié aandeelpryse geknou.
Op langer termyn het van dié Brits-gesentreerde maatskappye beleggers goed beloon. Capital & Counties se aandeelprys het oor vyf jaar met 109,3% gestyg en dié van Brait met ’n fenomenale 335,62%. Christo Wiese is die grootste aandeelhouer in Brait.
Uit die tien maatskappye wat in 2016 die swakste gevaar het, is net twee op ’n langtermyn-glypad – die sementvervaardiger PPC en Trencor, wat verskepingshouers verhuur.
Vier van dié wat sowel in die jaar as op ietwat langer termyn swak gevaar het, is onlangse noterings of minstens nog nie vyf jaar op die JSE nie. Dit is die kleinhandelfirma Choppies, wat vanuit Botswana na Suid-Afrika uitgebrei het; Redefine International, ’n filiaal van Redefine Properties; Capital & Regional en Schroder European Real Estate. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie