Su00f3 lyk die duurste motor wat al verkoop is
Su00f3 lyk die duurste motor wat al verkoop is

Só lyk die duurste motor wat al verkoop is

William Horne – Die duurste motor wat nog ooit gemaak is, is pas op die Geneefse motorskou verkoop vir sowat R176 miljoen. Ongelukkig vir almal wat nie by die buurman wil afsteek nie, was daar net een model van dié Bugatti La Voiture Noire.

Die motor is op die Geneefse motorskou bekend gestel waar dit ook dadelik aangekondig is dat dié eenmalige ontwerp reeds aan ’n anonieme klant verkoop is, berig IOL.

Maar gerugte loop rond dat die nuwe eienaar van dié duur speelding niemand anders is nie as Ferdinand Piech, oudhoof van Volkswagen, wat die Bugatti-maatskappy besit, berig Bloomberg.

Bugatti wil nie bevestig wie die koper is nie, maar sê wel die persoon het die transaksie onmiddellik gesluit toe hy die plan vir die motor sien.

Maar die misterie rondom die La Voiture Noire is dieper as net wie die koper is.

Op die Geneefse motorskou kon kundiges reeds sien dié swart vuurpyl van ’n motor betoon eer aan ’n misterieuse voorganger van dieselfde merkwaardige Bugatti-stamboom, berig The Verge.

Die ontwerp is inderwaarheid ’n eerbetoon aan ’n spesiale weergawe van die luukse, klassieke Bugatti Tipe 57SC Atlantic, wat Jean Bugatti, oudste seun van die stigter van Bugatti, in die 1930’s ontwerp het

Net vier eenhede is vervaardig, maar in dié reeks was net een ’n heeltemal swart weergawe van die 57SC Atlantic. Dié motor het egter tydens die Tweede Wêreldoorlog in Europa verdwyn.

Nou het Bugatti besluit om weer net een motor te vervaardig wat die nalatenskap van die beroemde swart 57SC Atlantic tot in die toekoms sal dra, berig The Guardian.

Die La Voiture Noire is gegrond op die reeds luukse Bugatti Chiron, wat dus beteken die nuwe motor het ook soortgelyke prestasiesyfers. Die La Voiture Noire beskik oor 1 500 perdekrag wat deur sy 16-silinder enjin geproduseer word.

Volgens Bugatti is die vlak van luuksheid in dié koolstofveselmotor wel nóg bo die van sy ander modelle.

Vir R176 miljoen maak dit seker sin. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!