Só lyk graad 11’s se eksamenrooster
Die graad 11-leerlinge wie se nasionale eksamen vir die senior sekondêre sertifikaat vir gewone vlak (NSSCO) opgeskort is omdat vraestelle uitgelek het, sal op 10 Januarie aanstaande jaar vir nuwe vraestelle aansit. Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het vroeër beklemtoon sou daar voortgegaan word met vanjaar se eksamens, sou leerlinge 'n sertifikaat ontvang het wat nie geakkrediteer was nie en daarom geen waarde sou hê nie. Die ministerie het die versekering gegee die uitslae sal steeds op die beplande datums bekend gemaak word om te verseker die graad 11-klasse vir gevorderde vlak (AS) begin soos beplan.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie