Su00f3 lyk langlys van Doek Literary Awards
Su00f3 lyk langlys van Doek Literary Awards

Só lyk langlys van Doek Literary Awards

Yandi Du Plessis
Die langlys van plaas­like kunstenaars wat in aanmerking kom vir vanjaar se Bank Windhoek Doek Literary Awards, asook die logo vir dié toekenningsgeleentheid wat vanjaar vir die eerste keer aangebied word, is afgelope Maandag aangekondig.

Die doel van die toekennings is om die gekose werke, skrywers, digters en visuele kunstenaars aan 'n wyer Namibiese en internasionale gehoor bloot te stel.

Dié toekenningsgeleentheid word van nou af elke twee jaar aangebied en gee erkenning aan Namibiese skrywers wie se werk in Doek! Literary Magazine, die land se eerste en enigste literêre tydskrif, gepubliseer is. Dit vier die werke van vier Namibiërs – twee fiksie- en niefiksieskrywers, 'n digter en 'n visuele kunstenaar.

Alle literêre kunstenaars op die lang- en kortlys en die finale wenners word aan unieke geleenthede binne hul skeppingsvelde blootgestel. Die kortlys sal op 1 September bekend gemaak word.



KONSEP EN LOGO

Die nuwe logo van die toekennings is 'n algemene gesig in die uitgestrekte landskappe van Namibië: die windpomp. Dit simboliseer aanpassing by die land se droë toestande. Die windpomp is ook 'n metaforiese voorstelling van Doek! se leuse en die wysheid wat goeie storievertelling moontlik maak: hoop en optimisme ondanks die huidige struikelblokke.

Met 'n sterk fondasie in Namibië se grond, geskiedenis en erfenis, en die voortdurende vermoë om enige geleentheid wat hulle teëkom, die hoof te bied, bring Namibiese literêre kunstenaars die verborge verhale van die land na die plaaslike en wêreldwye gehore. Deur hulle kuns te deel, bewaar hulle dit ook vir huidige en toekomstige geslagte.

Die konsep is ontwerp deur Romeo Sinkala, wat ook die voorblad van die sesde uitgawe van Doek! ontwerp het, en sal omskep word in 'n fisiese toekenning wat ontwerp is deur Attila Giersch, 'n bekroonde Namibiese goudsmid en juwelier. Elke tien jaar sal die verskillende toekennings uitgestal word om hierdie spesiale kunswerke en die konsepte wat die skepping geïnspireer het, ten toon te stel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!