Só lyk ’n doeltreffende Bonsmara-boerdery
Die Bonsmara-ras beskik oor verskeie eienskappe wat boere kan help om in kompeterende tye vir optimale wins te boer.
Elvira Hattingh - “Die kruks van ’n suksesvolle boerdery is akkurate rekordhouding. Tensy jy 'n stelsel het waar jy presies van jou uitgawes en winste boekhou, sal jy dit nie in boerdery maak nie.”
Dr. Joggie Briedenhann, bekende Bonsmarateler en eienaar van Hartebeestloop Bonsmaras, het tydens die afgelope Bonsmara-opleidingsdag gesê ’n doeltreffende boerdery is een waar daar oor ’n lang tydperk volhoubaar vir ’n optimale wins geboer word.
“Die winsmarge in boerdery is deesdae laag, daarom praat ons nie van maksimum wins nie, slegs optimale wins. ’n Boerdery is een van die mees kompeterende bedrywe in moderne tye.”
Hy het ook gesê die Bonsmara is dié aangewese ras vir ’n winsgewende boerdery omdat die ras spesialiseer in ideale geboortegewig, die kortste tussenkalfperiode (TKP) van alle beesrasse in Namibië handhaaf en daarop fokus om diere volgens die mark se spesifikasies te teel.
“Om te toets, is om te weet. Voorheen was altesaam 72% van die bulle wat in Namibië vir ná speen groei getoets is, Bonsmaras. Tans staan dié persentasie op 92%. Dieselfde geld vir veldbultoetse – 48% van al die bulle wat in Namibië getoets word, is Bonsmaras.
“Gevolglik kan jy nie verkeerd gaan as jy ’n Bonsmara koop nie – maar om ’n bul te koop wat nie getoets is nie, is ’n dobbelspel waar jy net kan hoop jy doen die regte ding.”
Briedenhann het gesê Bonsmaras neem jaarliks ’n al groter rol in die nasionale kudde aan danksy die uitstekende vervangingsverse wat die ras oplewer en dat dit ook uitstekend in os- of speenkalfstelsels werk.
BESTE TKP ONDER ALLE RASSE
Briedenhann het gesê dit maak ekonomies sin dat ’n koei se TKP so kort as moontlik moet wees – iets waarin Bonsmara-telers spesialiseer.
“Die gemiddelde TKP vir Bonsmara-ras is sowat 425 dae. Dit was altyd 396 tot 403 dae, maar weens die afgelope jare se droogtes het die tydperk langer geraak omdat sommige koeie nie so gou dragtig geraak het nie. Koeie raak dragtig as hul kondisie goed is en hulle genoeg vetreserwes het.
“Die TKP van 425 dae is egter steeds die kortste onder alle beesrasse in Namibië, al is ons tans nie op ons teiken van 400 dae nie,” het hy gesê.
Volgens Briedenhann is ’n koei gemiddeld sowat 284 dae lank dragtig.
“Ideaal gesproke wil ons hê ‘n vers moet aan haar eerste kalf geboorte gee as sy 32 maande oud is, of selfs jonger. Die rasgemiddeld vir ouderdom met eerste kalwing onder Bonsmaras is 32 maande, wat beteken hulle raak op gemiddeld 23 maande vir die eerste keer dragtig.
“Dan weeg die vers sowat 320 en 340 kg. Ek het ’n groot kudde en teel met verse wanneer hulle nog jonk is. Die ideaal is om verse vir die eerste keer te laat dek wanneer hulle tussen 18 en 24 maande is en minstens 320 kg weeg.”
BONSMARA VIR SPEENKALFSTELSEL
Briedenhann het gesê die meeste beesprodusente in Namibië volg ’n speenkalfproduksiestelsel, waar kalwers op die ouderdom van sewe maande gespeen en verkoop word.
“Die speenkalf se gewig is die grootste faktor wat sy verkoopprys bepaal.
“Die gewig word beïnvloed deur die ma of koei se moedereienskappe, met inbegrip van melkproduksie, asook wat die kalf tydens geboorte geweeg het.
“Tot 67% van ’n kalf se speengewig word bepaal deur die gehalte en hoeveelheid melk wat ’n koei beskikbaar het, terwyl die ander 33% deur die kalf se genetiese groeipotensiaal bepaal word,” het Briedenhann gesê.
Tydens seleksie word Bonsmara-koeie wat voortdurend te ligte speenkalwers lewer, uitgegooi. Die aanname word gemaak dat sy te min of swak gehalte melk het. ’n Koei se melkproduksie word egter meestal deur haar pa – die bul – bepaal. Die regte teelbulle moet gevolglik as kuddevaars gebruik word om seker te maak hulle produseer dogters met genoeg melk.
Briedenhann het gesê Bonsmara is die toppresteerder in verskeie produksiestelsels en lewer byvoorbeeld uitstekende vervangingsverse. Boonop kraai die ras koning as dit in kruisteelprogramme gebruik word.
“Die rede hiervoor is dat Bonsmara ’n saamgestelde ras is en uit drie beesrasse ontstaan het. In kruisteling word hulle dan dikwels gebruik saam met saamgestelde rasse wat uit twee beesrasse ontstaan het.
“Die basterkrag kom tot sy volle reg in dié omstandighede, want in der waarheid is die genetika van vyf rasse in die nageslag teenwoordig. Die F1-koeikruising is in hierdie geval die koningin,” het hy gesê.
Briedenhann het gesê as dit by ’n osstelsel kom, beskik die Bonsmara oor ’n belangrike genetiese komponent, naamlik bespiering en groeivermoë.
“In so stelsel moet die produsent ’n bees hê wat die potensiaal het om vinnig en sterk te groei. Hulle soek tipies na bulle wat genetiese potensiaal vir ná speen groei sal oordra.
“Bonsmara-telers doen ’n toets vir groei ná speen onder die leiding van die ministerie van landbou, water en bosbou. So word spesialisbulle vir osstelsels geïdentifiseer.”
Volgens Briedenhann is 92% van al die bulle wat tans die toets plaaslik ondergaan, Bonsmaras. Die veldbultoets wat ook gedoen word, is soortgelyk aan ’n groeitoets, maar bied ook inligting oor die aanpasbaarheid en gehardheid van ’n bul in die veld - met ’n strategiese lekaanvulling.
BIED WAT DIE MARK SOEK
Volgens Briedenhann stel speenkalf-kopers by veilings meestal belang in kalwers wat tussen 210 en 240 kg weeg.
“Die rede hiervoor is dat dit die kalwers is wat die grootste wins in ’n voerkraal of ’n osproduksiestelsel bied. Dit is dus belangrik om slegs beeste te teel wat die mark wil hê – dit maak sin.
“Bonsmaras se speenkalwers se gemiddelde gewig het in 2013 het op 235 kg gestaan. Tussen 2014 en 2016 was dit 220 kg, hoofsaaklik weens die droogtejare. Die gewig val egter steeds in die segment wat die mark soek.
“Bonsmaras teel vir die mark,” het hy gesê.
Voorts wil voerkrale presisie-boerdery, groei-potensiaal, bespiering en onthoringde beeste hê wat eenvormig is as dit by gewig en tipe kom.
“Die velle moet onbeskadig wees, die kalwers moet min of meer in dieselfde gewigsklas val en hulle moet mak wees. Dis wat Bonsmaras bied,” het hy gesê.
FYN BALANS
Briedenhann het gesê ’n sterk genetiese korrelasie bestaan egter tussen ’n bees se geboortegewig en hoe hy daarna groei.
“As jy begin met ’n kalf wat 20 kg met geboorte weeg, sal jy nie ’n behoorlike speenkalf of os kry nie. Onder Bonsmaras soek ons nie die bulle en koeie wat sulke ligte kalwers produseer nie – 35 kg word as dié ideale gewig beskou.
“’n Balans moet gehandhaaf word tussen té ligte en té swaar kalwers tydens geboorte. Daar is bevind dat ’n hoë genetiese korrelasie tussen geboortegewig, speengewig asook gewig teen onderskeidelik 12, 18 en 24 maande bestaan. Dit is die geval met alle beeste en nie net Bonsmaras nie,” het hy gesê.
KALWINGSGEMAK
Briedenhann het kalwingsgemak uitgesonder as die belangrikste eienskap in ’n doeltreffende beesboerdery – iets waarop streng in Bonsmara-telery gelet word.
“In Namibië het ons sowat 138 000 geregistreerde Bonsmaras. Die gemiddelde geboortegewig van kalwers is presies 35 kg. Versies se gemiddelde geboortegewig is sowat 34 kg, terwyl bulkalwers gemiddeld 36 kg met geboorte weeg.
“Kalwingsgemak is die genetiese vermoë van ‘n koei om die grootte van haar fetus binne die baarmoeder te beperk – ook in goeie reënjare wanneer kos volop is.
“’n Top Bonsmara-koei gee gemaklik geboorte aan ’n kalf van sowat 35 kg. Binne sestig dae kan die koei weer terug by die bul geplaas word omdat die geboorteproses maklik verloop het.
“As dit egter ’n moeilike geboorte was, kan dit haar tot 180 dae neem om te herstel voor sy na die bul kan teruggaan.
“Maklike kalwing is ononderhandelbaar en die Bonsmara-ras het reeds ’n teelwaarde daarvoor ontwikkel.
“As dit by kalwingsgemak kom, is die tweede belangrikste ding die tipe bul wat jy gebruik – groot, gespierde en swaar bulle kan ook veroorsaak dat kalfies moeilik gebore word,” het hy gesê.
Volgens Briedenhann tref Bonsmara-telers onderskeid tussen bulle wat uitsluitlik op verse of op koeie gebruik kan word.
“Tydens prestasietoetsing identifiseer ons bulle wat kalfprobleme kan veroorsaak. Hulle word uit die stelsel gehaal. Andersins word hulle net toegelaat by koeie wat geboorte aan groter kalwers kan skenk.”
Briedenhann het gesê die bestuur van ’n kudde word egter moeilik as ’n produsent aparte bulle vir hul koeie en verse moet hê.
“Onder ideale omstandighede wil jy een bul hê wat op enige van hulle kan werk – ’n veelsydige bul. Bonsmara-telers maak voorsiening daarvoor om die tipe bulle te teel.”
Hy het gesê daar bestaan reeds groot probleme met kalwingsgemak onder sekere Europese, Britse of kontinentale rasse waar verse nie met ’n bul van hul eie ras “oopgemaak” kan word nie.
“Hulle moet eers byvoorbeeld ’n Nguni- of Bonsmara-bul op die verse gebruik. Dit is nie doeltreffende boerdery nie, want wat maak jy nou met die kruisdiere? Dit is nie deel van jou boerderystelsel nie,” het hy gesê.
Volgens Briedenhann behels kalwingsgemak ook dat koeie visueel ondersoek word.
“Ons kyk na hul sitbene – as dit te naby aan mekaar is, is dit ’n aanduiding dat die koei se pelvis baie nou is. Dit beteken sy kan selfs sukkel om geboorte aan ’n normale kalf van 35 kg te skenk.
“Koeie met kleiner pelvisse word dus om en by 18 maande uitgegooi, want hierdie is ’n hoogs-oorerflike eienskap.
“Ons kyk ook na die ‘Cull them’ want pelvis grootte is hoogs oorerfbaar. En tweedens kyk ons na die helling van die koei se kruis.
“Dis makliker vir ’n koei om geboorte te gee as haar kruis afwaarts wys. Visuele inspeksie is dus nodig om koeie te identifiseer wat probleme met hul bou het wat tot moeilike geboortes kan lei.
“Met voldoende kalwingsgemak sal daar bykans nooit verliese aan koeie en kalwers tydens die geboorteproses voorkom nie. Kalwingsgemak is ’n belangrike ekonomiese beginsel in doeltreffende beesboerdery en die Bonsmara neem die voortou hiermee.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie