Só lyk Nhlanhla Nene se 'rapport'
Alle oë is op Suid-Afrika se heraangestelde minister van finansies, mnr. Nhlanhla Nene, en heelwat word van hom verwag.
Hanlie Stadler en Elvira Wood
Nhlanhla Nene, wat Maandagnag vir die tweede keer as minister van finansies aangestel is, het sy eerste, verkorte termyn met lof geslaag.
Die tien ekonome wat aan Netwerk24 se peiling deelgeneem het, het aan hom ’n gemiddelde punt van 76% gegee vir sy termyn van Mei 2014 tot Desember 2015.
Nene is Dinsdag weer as ANC-LP ingehuldig voordat hy amptelik as minister van finansies aangestel kon word, soos wat pres. Cyril Ramaphosa Maandagnag in Pretoria met die aanwysing van sy kabinet aangekondig het.
Nene vervang Malusi Gigaba, wat die portefeulje van April 2017 af behartig het. Gigaba word teruggeskuif na die vorige ministerie wat hy gelei het, naamlik binnelandse sake.
Die helfte van die ekonome het Nene ’n gawe 80% gegee. Mike Schüssler van Economists.co.za het aan hom die laagste punt (60%) toegeken en Fanie Brink, onafhanklike landbou-ekonoom, die hoogste (90%).
Nene se eerste termyn is kortgeknip toe oudpres. Jacob Zuma op 9 Desember 2015 vir Des van Rooyen aangestel het, net om weens ’n vryval in die rand vyf dae later vir Pravin Gordhan weer aan te stel.
Gordhan was voor dit tot Mei 2014 die minister van finansies en Nene was sy adjunk.
Nene se eerste termyn was volgens ekonome nie sonder enige probleme nie. Só lig hulle sy sterkste en swakste punte as minister van finansies uit:
Wat was Nene se sterkste punte as minister van finansies?
Verskeie ekonome het daarna verwys dat Nene omvattende ervaring van staatsfinansies het, eers as ANC-LP en voorsitter van die portefeuljekomitee oor finansies, van 2008-’14 as adjunkminister van finansies en van 2014-’15 as minister van finansies.
•“Kwalifikasies, vaardighede en ervaring.” – Chris Harmse, ekonoom van Rebalance Fund Managers
•“Hy verstaan die nasionale tesourie. Hy het saam met sterk vorige ministers, soos Pravin Gordhan en Trevor Manuel, gewerk. – Lullu Krugel, hoofekonoom van PwC
•“Hy sal met ’n goeie agtergrond inkom. Hy is vertroud met die stelsel.” – Mike Schüssler, ekonoom van Economists.co.za
•“Hy is konsulterend, grondwetlik en kundig oor die verantwoordelikheid.” – Lumkile Mondi, senior lektor aan die Universiteit van die Witwatersrand
•“Sy vasberadenheid om nié die kernkragprojek goed te keur nie weens die onbekostigbaarheid daarvan.” – Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van PwC
•“Die druk wat op die Suid-Afrikaanse Lugdiens uitgeoefen is om korporatiewe bestuur by dié staatsondernemings te verbeter.” – Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van PwC
•“Hy het ’n goeie aansien in die mark.” – Mike Schüssler, ekonoom van Economists.co.za
•“Hy is geloofwaardig.” – Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec
•“Hy verstaan die ekonomie, het respek vir graderingsagentskappe en beleggers, en beskik oor fiskale dissipline en gravitas.” – Prof. Carel van Aardt van die Buro vir Marknavorsing aan Unisa
•“Goeie ervaring veral as adjunkminister en dan ook sy betrokkenheid in die private sektor.” – Dawie Klopper, beleggingsekonoom van PwC
•“Hy is tegnies sterk.” – Dawie Roodt, hoofekonoom van Efficient Group
Wat was Nene se swakste punte as minister van finansies?
As dit by Nene se tekortkominge kom, wys baie ontleders daarop dat Nene dalk nie alles moontlik gedoen het om die staat se gordel stywer te trek nie.
•“Die toename in staatsuitgawes is nie behoorlik hokgeslaan nie, wat bygedra het tot die aanhoudende verhoging van die staatskuld-BBP-verhouding.” – Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van PwC
•“Hy dans na die party se pype, eerder as om die land eerste te stel.” – Lumkile Mondi, senior lektor aan die Universiteit van die Witwatersrand
•“Skuld het gestyg omdat daar nie beheer was oor staatsbesteding nie. Dus het belasting ook verhoog. Hy sal baie harder moet probeer om beheer te kry oor stygende uitgawes! Baie, baie harder. – Mike Schüssler van Economists.co.za
•“Hy het nie die vorige keer baie geleentheid gehad om homself te bewys nie.” – Lullu Krugel, hoofekonoom van PwC.
•“Sy leidinggewing was nie altyd uitstekend nie.” – Prof. Carel van Aardt van die Buro vir Marknavorsing aan Unisa.
•“Hy was ’n stil, agter-die-skerms-leier.” – Dawie Roodt, hoofekonoom van Efficient Group.
•“Hy is dalk ’n bietjie onervare in buitelandse onderhandelinge.” – Chris Harmse, ekonoom van Rebalance Fund Managers.
•“Hy verstaan nie dat die ANC-regering se sosialistiese en kommunistiese ekonomiese beleid geen groei kan skep nie, maar net kan vernietig.” – Fanie Brink, onafhanklike landbou-ekonoom.
•“Hy het ’n fiskale gemors geërf.” – Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie