Só lyk Rössing in Chinees
China National Uranium Corporation Limited (CNUC) het gister amptelik die beherende aandeel in Rössing Uranium oorgeneem. Woensdagnag is gespook om die naamborde by die myn te verander. Die staatsbeheerde CNUC het Rio Tinto se belang van 68,62% in die uraanmyn vir sowat N$1,5 miljard gekoop. China oorheers nou uraanmyne in Namibië. Die staatsbeheerde China General Nuclear besit 90% van die Husab-myn. Die Chinese SOE, Chinese Overseas Uranium Holdings, besit 25% van Langer Heinrich, wat tans op instandhouding en versorging is. Foto Erwin Leuschner
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie