Só lyk SA akteur in rol van Abraham Lincoln
Geskiedenisliefhebbers met ’n fyn oog kyk inderdaad reg: Dit ís die Suid-Afrikaanse akteur Carel Nel wat die rol van Abraham Lincoln in die minireeks Grant vertolk.
Hoewel die reeks, wat Sondag in Suid-Afrika begin, op Ulysses S. Grant, Amerika se 18de president, fokus, val die lig ook op Lincoln, Amerika se 16de president, in wie se skoene Nel gaan klim.
Nel het vroeër vanjaar gesê hy het die rol ná ’n oudisie losgeslaan. Die reeks, wat deur die superster Leonardo DiCaprio vervaardig is, is onder meer in Somerset-Wes buite Kaapstad verfilm.
“Ek is mal oor geskiedenis en is ’n groot aanhanger van wat Lincoln kon regkry,” het Nel in April gesê.
“Dit (die rol) was nie vir my so intimiderend nie, want daar is geen videodokumentasie van hom (Lincoln) nie, so op ’n manier maak dit dit makliker, want niemand weet regtig hoe hy was nie.
“Ek het alles oor hom gelees en gekyk wat ek kon. Dit het ook gehelp dat ek in die verlede al ’n historiese persoon gespeel het, so dit het my tot ’n mate voorberei op wat ek moes doen.”
Nel, wat kykers uit reekse soos Ekstra medium, Die spreeus, Fynskrif en Dwaalster sal onthou, moes as deel van sy transformasie ook Lincoln se Amerikaanse aksent aanleer.
“Wat die rol ’n uitdaging gemaak het, is dat hy nie ’n tipiese, algemene Amerikaanse aksent gehad het nie – hy was van Illinois, so dit is ’n spesifieke aksent.
“Ek en my ongelooflike stemafrigter, Susan Danford, het geluister na die tipe aksent wat Daniel Day-Lewis in die rolprent Lincoln gedoen het en dit so na as moontlik probeer namaak, want wie sou beter weet hoe hy moes klink as die akteur wat ’n Oscar vir sy interpretasie van Lincoln gewen het?”
Kykers wat self na Nel se weergawe van Lincoln in Grant wil kyk, kan op die History Channel (DStv-kanaal 186) inskakel. Die reeks bestaan uit drie episodes en sal een na die ander op 1, 8 en 15 November om 20:15 uitgesaai word. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie