Su00f3 lyk SA se sterkste handelsname nou
Su00f3 lyk SA se sterkste handelsname nou

Só lyk SA se sterkste handelsname nou

Sanet de Waal
Petrus Malherbe

MTN is stééds die waardevolste handelsnaam in Suid-Afrika, het Brand Finance se jongste verslag bevind.

Daarvolgens is die MTN-naam nou meer as R44 miljard werd, vergelyke met R40,8 miljard in 2017.

Brand Finance stel al om die ander jaar ’n lys van Suid-Afrika se sterkste handelsname bekend.

Dié konsultasiefirma gebruik verskeie faktore om die waarde van ’n maatskappy se handelsnaam te bepaal.

Dié waarde is onverwant aan die betrokke maatskappy se omset, en word eerder beïnvloed deur aspekte soos die bemarkbaarheid van die produk of diens wat gelewer word, of hoe herkenbaar die maatskappy se logo of kenteken is.

FNB se naam dra nou die meeste gewig onder al Suid-Afrika se banke. Die waarde van die FNB-handelsnaam beloop nou R19,3 miljard, 22% meer as in 2017.

Dit is die handelsnaam wat die meeste groei tussen 2017 en 2018 gesien het.

FNB was sewende op die 2017-lys en het nou gespring tot derde op die jongste lys.

Ander maatskappye wat ’n noemenswaardige styging in die waarde van hul handelsnaam gesien het, sluit in Cell C (groei van 48%), Capitec (groei van 47%) en Discovery (groei van 35%).

Daarteenoor het sommige maatskappye heelwat handelsnaamwaarde verloor. Die waarde van die EOH-handelsnaam is 22% minder as in 2017. EOH is onlangs by ’n vermeende korrupsieskandaal betrek waarvolgens minstens agt werknemers na bewering meer as R1,2 miljard oor verskeie jare by dié tegnologiemaatskappy gesteel het.

Die Sasol-naam is ook nou 17% minder werd as in 2017, en Telkom het ’n daling van 12% gesien. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!