Só lyk Windhoek se waterplan
Indien water nie binne twee reënseisoene in damme in die sentrale waternetwerk invloei nie, sal bykomende bronne soos die Windhoek-akwifer en water uit die Noorde nie langer volhoubaar gebruik kan word nie.
Ná afloop van NamWater se slypskool vir die sentrale waternetwerk verlede maand (11 Junie), is dit reeds bekend gemaak dat Windhoek weer waternood ervaar en op bykomende waterbronne, asook waterbesparings sal moet staatmaak om twee reënseisoene te oorbrug.
Bykomende waterbronne word net in noodsituasies gebruik.
Indien Windhoekers egter 8% water in plaas van 5% bespaar, sal die sentrale waternetwerk se water vir drie reënseisoene hou.
Volgens NamWater se hidrologiebestuurder, mnr. André Mostert, sal 'n bykomende 3%, of 'n besparing van 8% in totaal, Windhoek se “droogloopdatum” met 'n hele seisoen uitstel.
Volgens hom is hierdie mikpunt haalbaar, aangesien stadsbewoners verlede jaar gemiddeld 5% water bespaar het. Tans is die beskikbare water in die Omatako-, Swakoppoort- en Von Bachdam (sowat 48,686 Mm³ op 9 Julie) nie genoeg om Windhoek alleen vir selfs twee jaar van water te voorsien nie.
Dan word plekke soos Okahandja, Waterberg en die Navachab-myn, asook aanlyn gebruikers op die noordelike waterkanaal en tussen Von Bach en Windhoek nie eers in berekening gebring nie, hoewel hulle ook afhanklik is van dié waternetwerk.
Selfs mét die gebruik van bykomende waterbronne, sal daar van Von Bachdam se dooiebergingwater gebruik gemaak moet word om twee seisoene te haal.
Mostert het Windhoek se oorlewingsplan vir water tydens 'n waterseminaar verlede maand voorgelê.
“NamWater maak gebruik van rekenaarmodellering, waarvolgens daar genoeg water vir twee reënseisoene moet wees indien geen water damme in die sentrale waternetwerk binnevloei nie.
“Om drie reënseisoene te oorbrug, sal 'n 8% besparing van stadsbewoners vereis word, asook die onvolhoubare gebruik van ons noodwaterbronne, naamlik die Windhoek-akwifer en die Berg Aukas-myn.
“Ons vertrou egter dat daar in die volgende twee reënseisoene 'n mate van invloei in die damme sal wees en dat ons nie drie jaar sal moet oorbrug nie,” het Mostert gesê.
WATERGEBRUIKERS
Mostert het verduidelik die sentrale waternetwerk strek van Grootfontein in die Noorde af, al langs die Oostelike nasionale waterkanaal, die Waterberggebied, Okakarara tot verby die Omatakodam. Van Okahandja af strek dit weswaarts, verby die Swakoppoortdam tot by Karibib en die Navachab-myn.
Dit sluit die Von Bachdam en Windhoek in, asook die Otjihase-myn en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako.
Die hoofstad is by verre die grootste gebruiker van water in die netwerk – altesaam 25 915 Mm³ water word jaarliks in Windhoek gebruik. Die naasgrootste watergebruiker is die Waterberggebied, wat jaarliks 3 302 Mm³ per jaar gebruik.
Derde op die lys is Okahandja, wat 1 704 Mm³ water per jaar gebruik.
Aanlyn gebruikers tussen die Omatakodam en die Von Bachdam gebruik die minste water teen net sowat 0,04 Mm³ per jaar.
PLAN VIR BYKOMENDE WATERBRONNE
Sodra die Omatako-, Swakoppoort- en Von Bachdam nie genoeg water vir die hoofstad en ander dele in die sentrale waternetwerkgebied kan lewer nie, moet NamWater van bykomende bronne as noodmaatreël gebruik maak.
Hy het gesê volgens beplanning sal 5 710 Mm³ uit Windhoek se watersuiweringsaanlegte herwin kan word, terwyl boorgate by die internasionale lughawe, Goblenz, die Berg Aukas- en Kombat-myne, asook die Karst-boorgat as bykomende bronne van water vir sentrale Namibië tot 2020 moet dien.
Volgens Mostert se voorlegging sal weer 7,5 Mm³/a (miljoen kubieke meter per jaar) van Augustus af uit die Windhoek-akwifer gepomp moet word, en dié syfer sal in Mei volgende jaar na 11 Mm³/a opgestoot moet word.
Toetse wat in die tussentyd op die akwifer uitgevoer is, dui aan die uitpomp van soveel water sal tot probleme met watergehalte lei. Indien volgehou word om die akwifer teen dié tempo te pomp, dui 'n model aan dat dit teen April 2022 leeg sal wees – juis wanneer damme in die sentrale netwerk ook leeg kan wees.
Die bestuurskomitee vir die Bo-Swakop-rivierkomgebied (USBMC) se sekretaris, mnr. Koos Theron, het tydens hul forumvergadering verlede maand verduidelik die akwifer was aanvanklik vir noodsituasies geoormerk.
“Die feit dat ons nou daarvan gebruik moet maak, is 'n aanduiding dat ons in die knyp is. Op natuurlike wyse word die akwifer teen slegs sowat 1,7 Mm³/a aangevul, terwyl die munisipaliteit net 3 tot 4 miljoen daarby kan voeg.”
Boonop behels die plan dat daar ook meer water as ooit vantevore vanuit die Kombat-myn in die Noorde vir die sentrale waternetwerk gepomp sal moet word en is die moontlike gevolge hiervan nie duidelik nie.
Daar moet noodgedwonge ook van dooieberging van die drie damme in die sentrale waternetwerk gebruik gemaak word. NamWater het onlangs stelsels in die damme laat installeer wat die dooiebergingwater kan uitpomp.
Dit beteken dat as watervlakke 'n punt bereik waar dit nie meer self in die wateronttrekkings-toring kan invloei nie, dit dan uitgepomp sal word.
Wateroorplasings van die Omatakodam na die Von Bachdam word van 1 Augustus af gestaak, en dan sal noodwaterbronne in die Noorde geaktiveer word.
Sedert 9 Februarie word sowat 30 Mm³/a water van die Omatakodam af na die Von Bachdam oorgeplaas, terwyl daar sedert 5 Maart 10,0 Mm³/a water van die Swakoppoortdam af na die Von Bachdam oorgeplaas word.
Teen 1 Augustus sal die Omatakodam leeg wees en sal water van dié dam af vanuit die kanaal na die Von Bachdam oorgeplaas word.
NamWater probeer soveel water moontlik in een dam kry om verdamping daarvan so laag as moontlik te hou.
NOORDE SE NOODWATER
Die aktivering behels dat water vanaf Berg Aukas en die Komba-myn asook die Goblenz-, Kombat- en Karst-boorgatskemas na die Omatakodam gebring moet word.
Vanaf Augustus moet die Windhoek-akwifer dus 7,5 miljoen kubieke meter water per jaar (Mm³/a) lewer, terwyl die watersuiweringsaanlegte in Windhoek steeds 5,71 Mm³/a sal lewer.
Waterpompe in die Berg Aukas-myne moet 4,6 Mm³/a lewer, terwyl 6,3 Mm³/a water vanuit die Kombat-myn onttrek sal word. Sowat 1,4 Mm³/a sal ook uit die Karst-boorgate gepomp word.
Ander kleiner bykomende bronne sluit in die Goblenz- (0,2 Mm³/a), die Internasionale Lughawe Hosea Kutako- (0,09 Mm³/a) en Berg Aukas-boorgate (0,25 Mm³/a).
Afhangende daarvan of reën vir genoegsame waterinvloei sal sorg in die drie damme in die sentrale waternetwerk, sal nog meer water uit dié bykomende waterbronne teen Mei 2019 onttrek moet word.
Dit beteken teen volgende jaar sal minstens twee van hierdie bronne teen onvolhoubare vlakke gebruik moet word.
Dan sal die Windhoek-akwifer 11 Mm³/a water moet lewer, terwyl die onttrekking van water uit die Berg Aukas-myn bykans verdubbel sal word wanneer 8,1 Mm³/a daaruit gepomp word. Waterverskaffing uit die res van die bykomende waterbronne sal onveranderd bly, ondanks die feit dat Windhoekers dan ook 8% water sal moet bespaar.
“Ons is bekommerd oor hoe die bronne van ondergrondse water sal reageer en hoe lank ons op so 'n onvolhoubare basis water hieruit kan onttrek. Daar moet ook kennis geneem word dat hierdie akwifers jare se rus sal benodig indien ons dit só moet myn,” het Mostert gesê.
Hy het bygevoeg dat veral die Windhoek-akwifer tyd neem om weer op te vul. Volgens beskikbare inligting het die akwifer 'n kapasiteit van sowat 41 Mm3 water en is dit tans 80% vol.
Mostert het gesê dit is belangrik dat Windhoek daaraan werk om sy kapasiteit vir die herwinning van water te verbreed.
“Dit is 'n aaneenlopende bron van water wat jy kan hergebruik, solank jy hoë suiweringstandaarde handhaaf. As inwoners na statistieke kyk, sal hulle verbaas wees oor hoeveel water deur toilette en wasmasjiene spoel. Hierdie water behoort herwin te word,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg Windhoek was jare gelede een van die eerste stede ter wêreld om rioolwater te suiwer en hierdie projek behoort na ander dorpe in die land uitgebrei te word.
Skandeer die kode vir 'n videoo oor hoe kraanbelugters en vloeireguleerders werk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie